Psalm 78 – Gemeentevernuwing
Hier is die Kerk – Fluistering Snit 3 (3:41)
Verwelkoming
Verjaarsdae
Afkondigings
Toetrede
Lied 164:1-2 Ons is almal hier tesaam (staan)
Votum
Seëngroet
Lofsang
Vonkk 110 Saam wil ons die Here (staan)
Lied 188 Kom dank nou almal God (sit)
Wet
Vanoggend teks:
God het voorskrifte vir Jakob gegee,
beveel aan kinders bekend maak.
Daarom vir slag wet:
Eksodus 20 (Bybel vir almal) – kyk sien hoe prente by wet pas…
Maar Psalm vanoggend gaan lees,
sê ook (v7)
[as aan kinders vertel]
sal hulle op God vertrou…
en gehoorsaam wees aan wat hy beveel het.
Sien,
wet hang nie in lug.
Is nie sommer net klomp reëls.
Reëls wat nie in verhouding is,
apart staan van liefde een vir ander het,
lei tot rebellie,
maak juis dat mense nié daardie reëls wil nakom.
Daarom Jesus,
toe mense vir hom gevra wat wet,
gesê:
‘Jy moet die Here jou God liefhê
met jou hele hart
en met jou hele siel’
en met jou hele verstand.
Dit is die grootste
en die eerste gebod.
En die tweede,
wat hiermee gelyk staan, is:
‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’
In hierdie twee gebooie
is die hele wet
en die profete
saamgevat.”
Toewyding
Flam 182 Herder Heer (sit)
Genadeverkondiging / Doop
Lied 294 Jesus roep die kindertjies (sit)
Preek & Skriflesing
(Skriflesing nou-nou – kan solank oopmaak Ps 78 as wil)
Wie weet hoe deurslagpapier werk? (wys)
– gee vir kinders, teken familie
Ander manier wys:
Foto van pa
Ouer broer
Kleinboet
Ouer broer se seun
Ons afgelope paar weke reeks “radikale vernuwing”-
extreme makeover, home edition.
Gepraat rol van families,
ouers 80% invloed kinders Here ken,
volgende op lys is 30%.
As wil hê kinders moet Here dien,
moet self Here dien.
Foto van my familie.
Geloof soos gene,
soos deurslagpapier:
as wil hê kinders moet glo,
moet self glo.
Ook gepraat rol oumas en oupas,
ons eie voorgeslagte.
(Vertel gou wat ouma en oupa gedoen,
dalk nog familielede?)
Vertel van twee families uit 1700’s:
Edwards familie:
Mnr Edwards was dominee,
hy en vrou Here gedien.
Volgende 3-5 generasies:
14 college presidents (?)
100 professors
30 regters
100 dominees
60 dokters
60 skrywers
100 prokureurs.
Dan ook Jukes familie:
Mnr Jukes selfde tyd as Mnr Edwards geleef,
was dief.
Volgende generasies:
300 bedelaars
60 diewe
slegs 20 ambag geleer
10 in tronk
7 moordenaars.
Speel nog domino?
Ons lewens soos dominoes:
pak,
soos omval,
invloed op wat na ons kom.
Wet gelees,
gehoor:
Ek straf die kinders as die ouers sonde gedoen het.
Ek straf ook die kleinkinders en agterkleinkinders
as ouers My haat
en ongehoorsaam is aan My.
Maar as iemand lief is vir My
en as hulle gehoorsaam is aan My,
dan sal Ek goed wees vir hulle
en vir hulle kinders,
1 000 geslagte lank.
Teks maak gewoon punt
van belangrike realiteit:
wat ons doen,
hoe ons leef,
ons geloof,
verhouding met God,
het domino-effek.
Kinders lyk nie net fisies soos ouers,
lewens, geestelik, lyk ook soos ouers.
Weet nie van julle,
dink kan nogal vreesaanjaend wees!
Daarom dat kerk NB is.
Is nie alleen –
God ons saam gevoeg in kerk.
Dra nie hele verantwoordelikheid alleen op skouers.
Is hoekom families vorentoe roep wanneer doop,
hoekom babatjie aan gemeente voorstel –
want God ons in een kerk gesit,
mekaar ondersteun,
saam teken op deurslagpapier,
gesamentlike invloed op prentjie agter.
Lees Ps 78:1-7:
(Bybel vir Almal)
Eerste ding wat ons as kerk moet doen,
is om mekaar te help
om voortdurend oor ons geloof te práát.
Ps 78:3-4
3Wat ons gehoor het
en wat ons weet,
wat ons vaders ons vertel het,
4sal ons vir ons kinders nie verswyg nie.
Ons sal aan die volgende geslag vertel
van die roemryke dade van die Here
en van sy mag,
van die wonderdade wat
Hy gedoen het.
Praat oor 2 goed:
wat GEHOOR het
én
wat SELF beleef.
Kan nie net praat oor ander mense geloof,
“oorgelewerde geloof” –
ook vertel eie ervarings,
waarmee God besig in eie lewe,
wat God in eie lewe gedoen.
Nie iets voorheen baie gebeur.
eie familie – Here gedien,
geleer.
Eers toe by selgroep aansluit,
ek saam in selgroep,
ek begin hoor hoe God nie net abstrakte realiteit,
maar hoe God werk in ouers se lewens.
Dis hoekom huisgodsdiensmateriaal skryf –
ouers help met kinders gesels oor God in ouers lewe,
ook help onderskei wat God in kinders lewe doen.
Hoekom selgroepe so belangrik –
nie net ouers,
maar verskillende generasies sáám,
nie net Bybelstudie,
maar gesels oor LEWE van geloof –
mekaar daarin ondersteun,
kinders dit sien en self beleef.
(As nie aan selgroep behoort –
papier in voorportaal).
Tweede ding,
mekaar help Bybel
ken en
verstaan.
Ps 78:5-6:
“weet” is meer as kennis –
is verstaan
ervaar
beleef.
Is hoekom vir ons gereformeerdes preek so nb –
preek natuurlik nie náástenby enigste ding waaroor erediens gaan!
As praat oor erediens,
waaroor gaan,
regte antwoord: God aanbid!
Maar ons weet ook
eredienste ons help,
verbind nie net aan God,
ook aan mekaar.
Vir ons belangrik ook oor Bybel gesels,
kan kén,
in praktyk van lewens kan beleef.
As ons dan sê belangrik kinders Here ken –
deurslagpapier –
dan beteken natuurlik eredienste op manier
kinders kan verstaan,
sáám kan leer.
Groot verskil net kennis hê –
regte antwoorde weet –
en verstaan,
regtig ken.
As ek reëls van sport ken, (instrument)
beteken nie kan speel!
Ons mekaar hierin help
Bybel ken
en verstaan.
Natuurlik hier ook selgroepe NB rol,
Bybelstudiegroepe
dissipelskapgroepe.
Dis hoekom kategese.
Hoekom mense Sondagskool gee,
eredienstoepassing doen,
al is nie eie kinders.
Hierdie goed (bv kategese)
wat ons as kerk vir mekaar doen
is belangrik –
maar deur reeks gesê,
nie naastenby voldoende!
Daarom ook ouers toerus,
gesinsbyeenkomste.
Maar moet mekaar nie net help woord
ken en verstaan –
mekaar help God vertrou!
Ps 78:7
Interessant:
vertroue kom voor gehoorsaamheid!
Netnou gesê:
fondament van reëls is verhouding.
As nie in verhouding,
lei tot rebellie.
Moet aan mekaar verbind wees,
saam leef,
binne verhouding,
sodat mekaar kan help
God vertrou.
Reeks begin,
uitgedaag woorde
Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.
iewers te skryf,
dit te doen!
Ek besef,
selfs as dit doen,
dinge steeds verkeerd loop.
Lewe nie altyd maklik.
Families nie perfek.
Kinders prentjies teken –
kom dalk nie presies uit soos jy wou hê.
Maar dis okay.
God is genadig.
Soos Chris gesê:
dit is nooit te laat nie.
en jy is nie alleen nie.
Ons is gemeente saam.
Dalk – waarskynlik – is jy nie perfek nie,
jou familie nie perfek nie.
Maar weet jy wat?
Ons gemeente is ook nie perfek nie.
Bestaan nie so iets soos perfekte gemeente.
As perfekte gemeente soek,
sal altyd aanhou soek.
Ons is nie perfek nie.
Maar ons is hier.
En ons is sáám hier.
As jy verbintenis gemaak –
soos ouers vanoggend met doop –
“wat my en my familie aanbetref,
ons sal die Here dien”-
dan uitdaag ook verbintenis aan gemeente te maak.
As van een gemeente na ander,
of net soms hier,
nie volledig verbind tot kerk hier,
gaan nooit werklik deel raak,
nooit werklik ondersteuning ontvang
of help ondersteuning gee
wat God bedoel gemeente moet doen.
Dalk nie hierdie gemeente –
dalk ander –
maar regtig uitdaag:
commit!
begin deur te sê:
wat my en my familie aanbetref
ons sal die Here dien.
En commit dan tot gemeente
waar gaan doen.
Want die lewe is messy.
en op eie kan nie doen.
Maar God ons saamgevoeg –
tradisionele gesinne
enkel-ouer gesinne
enkel-lopendes
afgetredenes
Dinkies –
om
aan die volgende geslag te vertel
van die roemryke dade van die Here…
sodat die volgende geslag kan weet…
so sal hulle dan op God vertrou
en nie vergeet wat hy gedoen het nie,
maar gehoorsaam wees
aan wat hy beveel het.
Gebed
Dankoffer
Slotsang
Lied 478 & Flam 66 Op vaste fondamente
Seën

