Skip to main content

Tag: dapperheid

Begeesterd: Haggai 2

Ek hou daarvan om kerkgeboue af te neem.  Nie in die eerste plek twv die gebou en die argitektuur nie, maar eerder die konteks.  So het ek onlangs in Queenstown ‘n foto geneem van die Metodistekerk – tussen Kia Motors en Beekman Fitment Centre, voor ‘n groot industriële gebou.

Net om die draai van waar ek woon, is die Grace Bible Church.  Dis op ‘n gewone perseel, op geen manier indrukwekkend nie.  Eintlik maar tipies van Sentraal.

Behalwe, reg langsaan – in dieselfde gebou – is die Red Door Gentlemen’s Club.  Net ‘n entjie af in die straat is Adult World. So tussen die Red Door Gentlemen’s Club en Adult World: die Grace Bible Church.
Genade en waarheid.

Continue reading