Skip to main content

Ligkids #5 – Is jy slim of is jy wys? – Sondag van 06:00 af

Ligkids #5 – Is jy slim of is jy wys?

Ons lees vandag uit Spreuke en leer wat beteken dit om wys te wees. Daar is baie slim mense in die wêreld, wat baie van baie dinge af weet. En dis goed om slim te wees! Maar om wys te wees, is selfs beter! Wyse mense weet dat hulle nie alles weet nie en God se hulp en raad nodig het, want Hy weet alles van alles en almal! As jy nog daaraan twyfel – kyk net na die skepping: Wie het die voëltjies leer vlieg? Wie kan bome en blare maak? Wie het die see vol water en visse gemaak? Wie hou die hele wêreld in Sy hand? God! Daarom kan ons volkome op Hom vertrou! Kom sing weer lekker saam en doen ‘n aktiwiteit waar ons blare maak wat net soos die ware-Jakob lyk!

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.