Skip to main content

Johannes 7:37-39 – die Gees bring lewe vir ander – 25-31 Mei

25-31 Mei 2015 in voorbereiding vir die erediens 31 Mei

RUS

  1. ‘n Mens raak van die Gees bewus wanneer jy stil word en aan die verborge dinge in jou lewe dink, dinge waarvoor jy waardering het (troos), of dinge wat jou ontstel (ruk).
  2. Dink dus terug aan die dinge waaroor jy dankbaar is, die “heilige momente” in jou lewe waarin jy God se seënende hand in jou lewe kan raaksien. “Being grateful is a way of listening, a way of noticing God in the story of your life. And that gratitude will lead us to joy.” (Kerry Kent – Listen: finding God in the story of your life). Gee vir elkeen tyd hiervoor in die groep.
  3. Dink ook terug aan dié dinge wat jou ontstel het, wat jou binneste op hol jaag. Só raak ‘n mens bewus van jou behoefte aan God … en van hoe Hy daardie behoefte kan bevredig. In dié terugdink – begin die Gees met jou praat! Gee vir elkeen tyd hiervoor in die groep.
  4. Laat iemand met ‘n gebed begin.

LUISTER

  1. Deel met mekaar wat julle in die nadenke oor die Gees se werk in julle lewe ervaar het.
  2. Lees Johannes 7:37-39 en gesels eers oor wat julle in die gedeelte aanspreek – wat julle ruk en/of wat julle troos.
  3. Deel met mekaar hoe dié teks aansluit by dinge waaroor jy nagedink het in die RUS gedeelte.
  4. Fokus nou op vers 38: “Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” Letterlik: “Uit sy binneste (maag/binnekant – figuurlik gebruik: binneste) sal lewende (vars, verkwikkende) water vloei.” Wat hoor julle in dié uitspraak van Jesus?

LEEF

  1. Jesus sê hier dié wat in Hom glo, dié wat die ewige lewe hét, kanale van lewende water sal wees wat ‘n impak in die wêreld sal maak! Dit is wat die Gees in en deur ons lewe wil doen. Hoe kan julle dié week die Heilige Gees toelaat om julle kanale van lewende water vir mense rondom julle te laat wees?
  2. Bid vir mekaar dat ons die moed sal hê om die Gees hierin te gehoorsaam. Gebruik ook die gebedsriglyne in die aankondigings.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.