Jesaja 36 tot 36 – Erediens: God verlos sy volk deur gebed – 27 Februarie 2011
Verwelkoming & Afk.
Toetrede
Lied 295:1-2 (sit) Heer, U laat ons hier vergader
Votum
Ps. 66
Seëngroet
Lofsang
Ps. 33:1&7 (staan)
Vonk 53 – Koor:1, Gem v1-2 (sit)
Kindertyd
Gebed
Skriflesing
Jesaja 36-37
Gaan vertel – volg in Bybel.
Hou oop –
gaan terug verwys.
Hierdie gebeure – Hiskia nou koning Juda.
Beste koning ooit –
selfs met Dawid vergelyk.
Een van eerste goed gedoen,
godsdienstige herstel.
Hoogtes waar mense aanbid,
laat verwoes –
óók hoogtes God aanbid.
Sentraliseer aanbidding Jerusalem.
Natuurlik nie suiwer godsdienstig –
ook politieke skuif.
Gevolg opbloei nasionalisme,
opstand onderdrukkers –
spesifiek Assirië.
Uiteraard nie goed afgegaan Assirië,
reageer met ystervuis.
Beleër Samaria,
voer Israel in ballingskap weg.
Begin dan Juda aanval.
Sit hier in Jerusalem,
hoor een vir een hoe ander vestingstede val.
Hier in Jerusalem,
maak gereed oorlog.
Dan stuur koning Assirië – Sanherib –
afvaardiging
Juda verteenwoordigers te praat.
Kan indink:
troepe staan hier op muur,
as Assiriërs se spottery moet glo,
nie eers 2000,
kyk uit oor leër mag van meer as 185 000.
Groot hek van Jerusalem gaan stadig oop,
kom 3 verteenwoordigers uit,
loop Assiriese verteenwoordigers tegemoet.
Assiriërs:
“Sê vir Hiskia:
Waarop berus hierdie vertroue van jou?
Jy dink woorde alleen is genoeg
vir strategie en militêre mag.
Op wie vertrou jy dat jy in opstand is teen my?
Jy vertrou op Egipte,
op ‘n versplinterde riet
wat jou in die hand steek
en jou seermaak
as jy op hom leun.
Dit is wat die farao,
die koning van Egipte,
beteken vir almal wat op hom vertrou.
“En as jy vir my wil sê julle vertrou op die Here julle God,
dit is mos Hy wie se hoogtes en altare
Hiskia laat verwoes het
toe hy vir Juda en Jerusalem gesê het:
‘Julle moet net by die altaar in Jerusalem aanbid.’
“Wil jy ‘n ooreenkoms aangaan met my koning,
die koning van Assirië?
Ek gee jou twee duisend perde:
sal jy die ruiters vir hulle kan voorsien?
“Buitendien,
ek het nie sonder die Here opgetrek
teen hierdie land
om dit te verwoes nie;
die Here het vir my gesê:
Trek op teen daardie land en verwoes dit.”
Nou drie Judese verteenwoordigers bewus troepe op muur,
al dreigemente hoor.
Vra:
“Praat tog asseblief Aramees met ons,
ons verstaan dit,
maar moenie Judees met ons praat
dat die manskappe op die muur dit kan verstaan nie.”
Assiriërs:
“Dink julle my koning
het my net na julle koning
en na julle toe gestuur
om dié dinge te sê,
en nie ook na die manne wat op die muur sit nie?
Hulle sal hulle eie ontlasting moet eet
en hulle eie urine moet drink,
net soos julle!”
Skree dan hard
in Judees:
Moenie dat Hiskia julle mislei nie!
Hy kan julle nie red nie.
“En moenie dat Hiskia julle op die Here laat vertrou nie.
Probeer manskappe wysmaak
dat koning van Assirië hulle wonderlike goed sal gee
as oorgee.
Wanneer Hiskia hoor,
natuurlik ontsteld –
skeur klere,
gaan na tempel.
Stuur boodskap Jesaja –
bid tog vir die klompie van ons wat nog oor is.
Jesaja antwoord,
belofte God hulle gaan red –
koning Assirië gaan terugkeer na land,
daar doodgemaak word.
Koning Assirië stuur weer boodskap Hiskia –
hierdie keer op skrif –
nou’s hy regtig ernstig:
Moenie dat jou God op wie jy vertrou,
jou mislei
met sy versekering
dat Jerusalem nie in my mag oorgegee sal word nie.
Verduidelik mooi daar’s nie hoop vir Juda,
sal nie planne kan vryspring.
Hiskia weer na tempel,
maar hierdie keer briewe in teenwoordigheid van Here oopgesprei,
self gebid:
“Here, Almagtige,
God van Israel,
U wat oor die gerubs troon,
U alleen is God oor al die koninkryke van die aarde,
U het die hemel en die aarde gemaak.
Hoor tog, Here,
luister,
kyk tog, Here,
let tog op!
“Hoor tog wat Sanherib gesê het;
hy het U,
die lewende God,
in sy boodskap gesmaad!
Dit is waar, Here,
die konings van Assirië het nasies met lande en al verwoes
en hulle gode verbrand,
maar dit was nie gode nie,
dit was die werk van mensehande,
hout en klip;
daarom is hulle vernietig.
Here ons God,
red ons tog uit die mag van die Assiriese koning.
Dan sal al die koninkryke van die aarde besef
dat net U, Here,
God is.”
Weer antwoord God via Jesaja:
Ek het jou gebed verhoor.
Gaan Sanherib vernietig,
Vir Hiskia:
“Vir jou, Hiskia,
gee Ek die volgende teken:
vanjaar sal julle die opslag eet
en volgende jaar wat dan opslaan,
maar in die jaar daarna
sal julle saai en oes,
wingerde plant
en druiwe eet.
Dié van Juda wat die beleg oorleef het
en oorgebly het,
sal weer soos plante wortel skiet en vrugte dra.
Assirië sal nie in dié stad inkom nie,
sal nie ‘n pyl hier afskiet nie.
In nag engel van Here 185 000 manne in Assiriese kamp doodgemaak.
Toe hulle môre opstaan,
lê lyke almal daar.
Uiteraard kamp afgeslaan,
terug huis toe,
daar gebly.
Twintig jaar later,
koning Assirië besig sy God aanbid,
twee van sy seuns hom vermoor.
Preek
Kinders – fliek Ant Bully gesien?
Wys uittreksel
Gaan oor seuntjie – Lucas/Peanut –
deur groeter seun geboelie.
Magteloos,
reageer deur self boelie te wees –
miere, wat kleiner as hy is, te boelie.
Wat in teks vanoggend het,
is storie van boelie,
kleiner intimideer,
kry te doen wat hy wil.
Wêreld natuurlik vandag nog vol boelies –
baie van ons word – ten minste êrens in lewe – geboelie.
En baie van ons is ook, êrens in lewe, self ’n boelie.
Maar baie plekke & maniere geboelie word:
skool:
seermaak,
spot,
goed vat,
SMS’e,
Facebook,
goed oor jou sê,
stories versprei.
Ouers:
sleg sê,
skel,
nooit tevrede.
Maar ook grootmens,
ongelukkig so steeds dikwels geboelie word:
- By werk
- huweliksmaats
- misdaad – plaasmoorde
Boelie dikwels nie spesifieke persoon,
eerder situasie –
wil sê magte en kragte.
Voel soms asof geboelie word,
hoewel nie boelie kan identifiseer –
asof lewe jou boelie,
geboelie word deur boosheid –
alles werk net teen jou.
In konfrontasie by hekke van Jerusalem,
sien dinamika van boelie helder afspeel,
kan self daarmee identifiseer:
Eerste ding wat boelie doen,
of dit nou spesifieke persoon
of hele situasie is,
is om wys te maak dat jy alleen is.
Kyk 36:4-6
Waarop berus hierdie vertroue van jou?
Op wie vertrou jy dat jy in opstand is teen my?
Jy vertrou op Egipte,
op ‘n versplinterde riet wat jou in die hand steek
en jou seermaak as jy op hom leun.
Dit is wat die farao,
die koning van Egipte,
beteken vir almal wat op hom vertrou.
Boelies maak jou wys dat jy nie vriende het nie,
dat daar niemand is wat jou kan ondersteun nie,
niemand is aan jou kant nie –
jy’s op jou eie.
So stap een van boelie,
is isolasie.
Tweede ding gebeur wanneer geboelie voel
deur omstandighede groter as jy,
is dat geïsoleer voel
van jou geloof en God.
Kyk 36:7
En as jy vir my wil sê julle vertrou op die Here julle God,
dit is mos Hy wie se hoogtes en altare
Hiskia laat verwoes het
toe hy vir Juda en Jerusalem gesê het: ‘
Julle moet net by die altaar in Jerusalem aanbid.’
Koning Sanherib van Assirië
probeer haak kry in Hiskia – volk –
geestelike onsekerheid.
Soms wanneer aangeveg word,
juis dit jou gebeur:
begin effens, subtiel,
twyfel in geloof.
Is God regtig by jou?
Kan regtig op hom vertrou?
Groot vraag:
Is saak met God reg?
Het regte ding gedoen toe hoogtes en altare laat vernietig het?
Is goed genoeg vir God?
Doen dan te veel sonde,
doen nie goed genoeg nie.
Wat as God eintlik kwaad is vir jou,
eintlik besig jou te straf?
Dis wat gebeur wanneer reuse boelie ons soos miertjie laat voel:
laat ons wonder:
Is ek regtig gered?
Behoort ek regtig aan die Here?
Derde ding soms gebeur wanneer geboelie word,
is dat dit verwar met God.
36: 10
ek het nie sonder die Here opgetrek
teen hierdie land
om dit te verwoes nie;
die Here het vir my gesê:
Trek op teen daardie land
en verwoes dit.”
Ons glo God almagtig,
hou alles in hand.
Saam daarmee,
glo God alles laat gebeur,
agter alles sit.
Natuurlik God almagtig,
natuurlik God alles gebruik,
maar wanneer amper glo dat God marionette meester,
dan kan ongelukkig soms gebeur dink God is wat ons boelie.
Natuurlik nie spesifieke woorde –
dink nie een van ons sal weeg –
ten minste hardop –
sê God ons boelie.
Maar sê maklik vir mekaar:
siek omdat onbelyde sonde in lewe;
God straf jou hierdie of hierdie omstandighede omdat nie gehoorsaam was.
Altyd mense sulke goed mekaar sê,
wonder:
wat Jesus aan kruis gedoen?
Tog juis aan kruis vir sonde gesterf –
straf vir sonde gedra.
Hy is gestraf,
sodat jy NIE meer gestraf hoef te word nie.
God sal jou nie straf deur omstandighede nie.
Natuurlik,
God kan enige omstandighede gebruik –
nou-nou terugkom –
maar soms is daar ander stemme –
afbrekende stemme –
wat maak asof dit God se stem is.
En dit is nie.
En hoe meer die reuse op jou pik omdat jy klein is,
hoe kleiner voel jy.
Totdat jy heeltemal moedeloos is,
selfvertroue en menswees
totaal ondermyn.
Hier staan magte voor muur –
honderde duisende van hulle –
en hier staan jy,
klein,
magteloos,
uitgelewer.
Ant bully –
verander,
word klein,
leer miere ken.
Dan…
Wys tweede video
Is oulik –
maar is nie hoe Christene op boelies reageer!
Ons reageer nie op boelies
deur saam te staan
en terug te boelie –
onder geen omstandighede!
(Hoewel daar tans ontstellende neiging hierdie rigting onder Christene.)
Ons reageer –
soos verlede week gesê –
deur stilwees en vertroue.
Ons krag lê nie in getalle –
ons krag lê in gebed.
Interessante ding teks,
Hiskia eerste boodskap kry –
vra iemand anders te bid.
Natuurlik baie moontlike redes hoekom gedoen.
Nie spekuleer Hiskia se rede.
Maar ek weet,
soms,
wanneer lank genoeg onder vinger van reus was,
dat ons soms so klein,
so magteloos voel,
situasie vir ons so groot,
so erg,
dat nie mee kan bid.
Dat nie weet waar begin –
vertroue elk geval reeds so erg ondermyn,
kan nie bid.
Dan kan – moet – doen Hiskia doen –
iemand anders vra vir ons te bid.
Hierdie een van redes hoekom so NB aan kerk behoort,
in groot gemeente soos hierdie aan kleingroep behoort,
sodat,
wanneer omstandighede jou bidloos het,
vir ander gelowiges kan vra in te tree.
Jakobus 5:16:
Die gebed van ’n gelowige het ’n kragtige uitwerking.
Maak nie saak wie bid,
God luister wanneer gelowiges bid,
kom in beweging wanneer ons bid.
So gebed Jesaja reeds effek.
Maar interessant,
eers wanneer Hiskia
PERSOONLIK
in die teenwoordigheid van die Here kom,
self die briewe voor God oopsprei,
self bid,
wat hy regtig tot rus kom.
Ander gebed,
God reeds versekering van plan –
plan reeds aan gang, gaan gebeur.
Maar wanneer self bid,
iets binne self gebeur,
vernietiging wat boelie aangerig,
begin herstel,
kan rustig raak,
kan begin vertrou.
Ook helder verhaal,
is hoe God praat,
verlos –
maar ook versekering van verlossing gee.
In Hiskia tyd,
deur profeet.
Ons tyd,
stem van Here in Bybel –
selfde manier Here deur profeet boodskap gegee,
selfde kragtige boodskappe – selfde gewig –
kry ons wanneer ons Bybel lees.
So gebed van gelowige kragtige uitwerking,
God reageer,
God verlos…
Twee maniere:
geweldige (skrikwekkende) wonderwerk –
185 000 mense dood.
Onmiddellike, radikale ingrype.
Maar hier ook ander manier God red –
manier wat dikwels in eie lewens sien.
Luister weer God belofte aan Hiskia:
vanjaar sal julle die opslag eet
en volgende jaar wat dan opslaan,
maar in die jaar daarna sal julle saai en oes,
wingerde plant
en druiwe eet.
Dié van Juda wat die beleg oorleef het
en oorgebly het,
sal weer soos plante wortel skiet en vrugte dra.
Na DRIE jaar,
sal DIE WAT OORGEBLY HET
se lewens weer voorspoedig voortgaan.
So hoewel redding onmiddellik is,
neem proses jare.
En eers 20 jaar later Sanherib doodgaan.
Chris vertel in week van Steven Covey
wat praat van reël van die plaas.
Daar is sekere manier dinge op plaas werk, verloop:
berei grond voor, saai, oes.
Dis volgorde moet gebeur,
moet in spesifieke tydsverloop gebeur.
Kan nie indruk in een week.
Moet maar wag vir saad om wortel te skiet,
groei,
ryp word.
Daar is natuurlike reëls in die lewe.
Kan probeer vir sg quick fixes,
maar oor langtermyn werk nie.
Ook so God werk in ons lewens.
God spring in,
red ons –
maar ons gebed hef nie natuurlike volgorde van goed op nie.
Dikwels,
wanneer ons bid,
God reageer,
is daar goed wat in plek moet kom,
voordat ander goed kan gebeur –
‘n proses.
Ons wil natuurlik hê goed moet vinniger gebeur,
wil onmiddellik verandering sien.
Maar God se plan dikwels nie soos wat ek gedink gaan gebeur –
God uitkoms dikwels ander, onverwagse manier.
In vakansie gepreek,
krisis in middel van storie,
voorbeeld gebruik Deon Meyer 13 uur.
Gesê soms jy op bladsy 192 van storie.
Weet nie wat voorafgaan,
weet nie wat agterna kom.
Wat weet,
is dat God outeur van storie,
hy bepaal hoe dinge ontvou.
Maar meer nog:
seker belangrikste ding sien uit teks…
Kyk gou Hiskia uiteindelike gebed:
37:16-20
“Here, Almagtige,
God van Israel,
U wat oor die gerubs troon,
U alleen is God oor al die koninkryke van die aarde,
U het die hemel en die aarde gemaak.
Hoor tog, Here,
luister,
kyk tog, Here,
let tog op!
“Hoor tog wat Sanherib gesê het;
hy het U,
die lewende God,
in sy boodskap gesmaad!
Dit is waar, Here,
die konings van Assirië het nasies met lande en al verwoes
en hulle gode verbrand,
maar dit was nie gode nie,
dit was die werk van mensehande,
hout en klip;
daarom is hulle vernietig.
Here ons God,
red ons tog uit die mag van die Assiriese koning.
Dan sal al die koninkryke van die aarde besef
dat net U, Here,
God is.”
Hierdie is SLEUTEL vir ons verstaan van teks
vir ons verstaan van God,
God se werk in ons lewens –
SLEUTEL.
Hiskia gaan nie na God
met hierdie lang gesoebat,
Here, kyk hoe sleg ons situasie,
help tog asb.
Lofgebed,
besing God eer,
loof God.
Wanneer uiteindelik wel vra God red,
dan: sodat koninkryke van aarde kan besef dat hy God is!
Jy bladsy 192 van verhaal.
Maar gaan nie oor jou.
Jy nie hoofkarakter in verhaal.
Gaan oor God,
oor sy eer.
HY hoofkarakter.
Jy een van kleiner karakters,
rol speel
sodat groter plot kan ontvou.
Groter plan nie ter wille van jou,
maar ter wille van God eer,
sodat koninkryke van wêreld kan besef dat hy God is.
Wanneer voel geboelie word,
alles en almal teen ons draai,
dan is nie ons taak opstaan,
opstand –
ons taak stil wees en vertrou.
Uiteindelike oorwinning nie ons s’n,
maar God s’n,
sodat sy naam geheilig word,
sy koninkryk kom.
Sien op oomblik in wêreld hoe mense in massas teen boelies in opstand kom –afkondigings
– getuieniskommissie gevra vertel Egipte.
- Watter geleenthede?
- Hoe ervaar Christene in Egipte gebeure? Skep dit vir hulle groter vyheid?
- Hugo: vakuum Christen-stem. Ook jou ervaring? Wat behoort Christen-stem te wees?
- Hoe sien wat gaan vorentoe gebeur?
- Hoe sterk moontlikheid dat Moslem-staat word?
Gebed
Aangesien God bevryding bring deur gebed,
krities NB dat Christene bid –
nie net in binnekamer,
ook publiek, eredienste.
Bid:
- Lofsang – Lied 169
- Evelyn bid wêreld – Lied 279 – Hoor ons bid, o Heer
- Stepan bid vir land – Lied 279
- Jurie bid gemeente – Lied 279
- Stil gebed – afsluit Lied 279
Nagmaal
Koor – Ave Verum – U dood gedenk – Mozart
Dankgebed
Dankoffers
Koor 298 & 303
Slotlied
Lied 269 – God bly met ons waar ons ook mag gaan (staan)
Seën – Lied 189 (Halleluja)