Skip to main content

Dag 4 – Hoe dit werk

Lees Habakuk 3:17-18

Geloof, oorgawe, toewyding … ten spyte van!  ‘n “Danksy- geloof” is nie geloof nie, dit is ‘n ruil transaksie.  Om te sê ek sal toegewyd wees as …, is tog om nie op God gefokus te wees nie, maar eerder op wat Hy vir jou kan doen of gee!  Habakuk sê selfs al sou hy niks in ruil vir sy oorgawe ontvang nie, dan sal hy steeds toegewyd aan God wees.

Geen mens sal sy of haar lewe aan iets onbelangriks toewy nie.  Uiteindelik is die vraag oor ons toewyding aan God die vraag oor hoe belangrik God vir ons is.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.