Skip to main content

Dissipelskap is gerig op geestelike groei

Geestelike praktyke en dissiplines

Om geestelik te groei, is ’n innerlike, persoonlike en voortdurende reis saam met God. Jou  kennis van die Bybel is waardevolle agtergrond en kan dien as vertrekpunt. Vir geestelike groei egter, is die aanleer en toepassing van geestelike beginsels van dissipelskap nodig.

Dit betree jou gemoed: wat jy in jou hart hoor en koester, en wat in jou gees heers, en in jou siel geberg word. Dit is inderdaad ’n lewe in die bewuste teenwoordigheid van God.

  1. Gebruik en oefen geestelike  gewoontes in: dit is gemik op geestelike groei en om balans, harmonie en innerlike vrede te ontwikkel.
  2. Stel mikpunte en uitdagings vir jouself: teken ook voornemens en doelwitte aan en verbind jou daaraan om daaruit te leer en te groei.
  3. Beskou probleme en terugslae as geleenthede vir groei, leer en selfverbetering.
  4. Fokus op die positiewe aspekte van jou lewe: stel jou in op waardering en genoegsaamheid.

Faktore van toepassing vir dissipelskap – geloof in aksie

  1. Alleentyd en nadink / mediteer (selfrefleksie en introspeksie): Gereelde nadenke oor God verdiep jou verhouding met Hom en help om jou gedagtes te kalmeer.  Beoefen dit om innerlik op God te vertrou en saam met Jesus te wandel.
  2. Stiltetyd – wag op God in jou stiltetyd: Wag op Hom….. totdat Hy kom. Spandeer genoeg tyd. Alleen. Gefokus. In aanbidding.
  3. Bestudeer die inhoud van die Bybel: dit is die hoofbron waardeur God praat en sal jou begrip van geestelike beginsels verdiep (gebruik gerus die internasionale leesrooster).
  4. Joernaalinskrywings is om jou gedagtes, gevoelens en insigte neer te skryf: Dit kan jou help om jou ervarings te verwerk en areas vir persoonlike groei te identifiseer.
  5. Beoefen dankbaarheid: dit sal metttertyd ’n gedragspatroon en lewenstyl word.
  6. Omhels vergifnis: belydenis help jou om bekommernisse oor die verlede of toekoms agter te laat. Laat staan ​​wrewel, vergewe jouself en ander – om nie langer vasgeketting te wees nie
  7. Gebed en voornemens: Bou aan jou verhouding met God deur gebed en bid vir persoonlike toewyding.

Vir ’n kernlys van verdere sielsverrykende geloofsgewoontes, gaan na gerus na

https://ngkerksomerstrand.co.za/dixit-deus-god-se-vernuwende-pad-deur-dissipelskap-2025/ 

Bedagsaamheid en Teenwoordigheid (“Mindfulness; to be present in the moment”)

  1. Wees in die hede: wees gefokus op die huidige oomblik of gesprek.
  2. Gee aandag daaraan om net ook te wéés: (“being”), eerder as om te doen (“doing”).
  3. Beoefen bewustheid deur al jou sintuie te betrek: let op jou gedagtes, emosies en fisiese sensasies, asook belewenisse.
  4. Verbind met die natuur as die skepping van God: spandeer tyd in die natuur deur die skoonheid raak te sien en die wonder daarvan te waardeer.

Onthou, geestelike groei is ‘n unieke en individuele reis. Dit is die hoofdoelwit van dissipelskapsgroepe.

Wees geduldig, gaaf en deernisvol met jouself – terwyl jy op pad met God gaan. En kommit daartoe om die geestelike praktyke te verken en jou daarin te verdiep.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.