2 Korintiërs 6:8-10 Week vanaf 17 Junie 2012

Huisgodsdiensmateriaal

Week van 18-23  Junie 2012

RUS

  • Dink terug oor die kwartaal.  Wat was die hoogtepunte en laagtepunte?  Wat het die Here daardeur in jul lewens gedoen?
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees 2 Korintiërs 6:8-10:

8–10 Party mense sê mooi dinge oor my. Ander sê lelike dinge. Hulle sê dat ek jok. Tog praat ek altyd die waarheid. Baie mense wil niks met my te doen hê nie. Gelukkig ken God my. Mense het my al ’n paar keer met klippe gegooi en my gelos om dood te gaan. Maar ek lewe nog. Ek is baie keer geslaan. Tog is ek nog hier. Ek ken hartseer. Maar dit kry my nie onder nie. Ek is altyd bly. Armoede ken ek ook, maar ek het baie mense se lewe skatryk gemaak met die goeie nuus. Ek is arm. Maar ek werk vir God aan wie alles behoort. (Joubert, S. (2000). Die Nuwe Testament vir kinders in ‘n taal wat hulle verstaan (Mk 5:24–43). Vanderbijlpark: Carpe Diem.)

Gesels oor die teksgedeelte.  Maak eers seker almal verstaan al die woorde. 

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die teks.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. 
  • Vertel vir mekaar van kere wat mense julle onregverdig sleg behandel het.  Wat het gebeur en hoe het julle reageer?  Wat leer ons uit Paulus se reaksie op swaarkry en hoe help dit ons met ons eie swaarkry?

LEEF

  • Wat vra die Here nou van jou?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.
     

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment