Skip to main content

1 Sam 12 – Son 8 Nov 09

Samuel – Om met integriteit te leef
1 Samuel 12

Verwelkoming
Toetrede  Lied 302 (Koor voorsangers)  (sit)

Votum & seëngroet

Lofsang  Lied 188  (staan)
Dankoffer

Lofsang  Lied 200 v 1 en 3  (staan)

Voorbidding
Skriflesing
1 Samuel 12
(Bybelskool, blog)
Merker van groot oorgang –
tyd van Rigters, volk nomade, gelei deur oudstes, tye van krisis God voorsien Rigter;  vra koning – nie God wil, Samuel, laaste Rigter, salf tog koning, dan teks:

1  Samuel het vir die hele Israel gesê:
“Kyk, ek het aan julle versoek toegegee;
 soos julle vir my gevra het,
het ek ‘n koning oor julle aangestel.
2  Hier is die koning dan nou.
 Hy sal julle lei.

Maar ek het oud en grys geword
en my seuns is hier saam met julle.
Ek het julle van my jeug af
tot nou toe gelei.
3  Lê dan nou getuienis teen my af
 in die teenwoordigheid van die Here
en sy gesalfde.
Van wie het ek ‘n os gevat?
Van wie het ek ‘n donkie gevat?
Wie het ek benadeel
of wie het ek verdruk?
Uit wie se hand het ek omkoopgeld aangeneem
om ‘n onreg oor te sien?
Ek sal dit terugbetaal.”

 

Wat interessant,
op manier ook fokus vanoggend,
volk se antwoord:
Dan gee Samuel oorsig volk geskiedenis,
spesifieke lens leiers God opgerig en gebruik,
hoe God telkens gesorg en gered
begin verlossing uit Egipte,
rigters . . .
6  Samuel sê toe vir die volk: “Die Here deur wie Moses en Aäron gemaak is wat hulle was, en deur wie julle voorgeslag uit Egipte gebring is, is getuie. 7  Kom staan nou hier dat ek julle voor die Here kan onderrig op grond van al die reddingsdade van die Here wat Hy vir julle en julle voorgeslag gedoen het. 8  “Nadat Jakob in Egipte gekom het, het julle voorvaders na die Here geroep om hulp. Die Here het toe vir Moses en Aäron gestuur, en hulle het julle voorvaders uit Egipte uit gelei en in hierdie land laat woon.  9  Maar julle voorvaders het die Here hulle God vergeet. Hy het hulle oorgegee in die mag van Sisera, die leëraanvoerder van Hasor, en in die mag van die Filistyne en van die koning van Moab, wat almal teen julle voorvaders oorlog gemaak het. 10  Hulle het na die Here geroep om hulp en het bely: ‘Ons het gesondig, want ons het die Here verlaat en ons het die Baäls en die Astartes gedien. Red ons tog nou uit die mag van ons vyande, en ons sal U dien.’ 11  Toe het die Here vir Jerubbaäl, Barak, Jefta en Samuel gestuur en julle bevry uit die mag van julle vyande rondom julle sodat julle rustig kon woon.

4  Toe antwoord hulle:
 “U het ons nie benadeel
 en ons ook nie verdruk nie.
U het van niemand iets gevat nie.”

5  Verder sê Samuel vir hulle:
“Die Here is hier by julle getuie,
 en sy gesalfde is vandag ook getuie
 dat julle niks teen my gevind het nie.”
En hulle sê:
“Hy is getuie.”

 

Kontras verlede:
12  Toe julle sien
dat koning Nagas van die Ammoniete
teen julle optrek,
 het julle vir my gesê:
‘Nee, daar moet ‘n koning oor ons heers,’
hoewel die Here julle God tog julle koning is.

Probleem is versoek tot koning,
God koningskap ontken,
vertroue verplaas
13  “Hier is dan nou die koning
vir wie julle verkies het,
op wie julle aangedring het.
Kyk, die Here het ‘n koning oor julle aangestel.
14  As julle eerbied aan die Here betoon,
Hom dien
en na sy stem luister
en julle ook nie verset teen die bevel van die Here nie,
 julle sowel as die koning wat oor julle regeer,
 sal die Here julle God by julle wees.
15  As julle nie na die stem van die Here luister nie
en ongehoorsaam is aan die bevel van die Here,
sal die Here teen julle wees,
soos teen julle voorvaders.

Dan teken,
woorde onderstreep,
ook volk wys dat God eintlik in beheer,
dat teen God oortree deur koning te vra:
16  “Staan nog net ‘n rukkie en let op hierdie groot ding wat die Here voor julle oë gaan doen.  17  Hoewel dit nou nie reëntyd is nie, gaan ek die Here aanroep sodat Hy donderslae en ‘n stortreën gee. Kyk daarna en besef dan dat julle in die oë van die Here ‘n baie verkeerde ding gedoen het deur vir julle ‘n koning te vra.” 18  Samuel het die Here aangeroep, en die Here het op dieselfde dag donderslae en ‘n stortreën gegee, en die hele volk het groot ontsag gekry vir die Here, en ook vir Samuel.
19  Die hele volk het vir Samuel gesê:
“Bid tot die Here u God vir ons
sodat ons nie sterwe nie,
want by al ons sondes
het ons nog boonop ‘n verkeerde ding gedoen
 deur vir ons ‘n koning te vra.”

20  Samuel sê toe vir die volk:
“Moenie bang wees nie,
 julle het nou wel hierdie verkeerde dinge gedoen,
maar moet nou net nie van die Here af wegdraai nie.
Dien die Here met julle hele hart.
21  Moenie agter afgode aan wegdraai nie.
 Hulle kan nie help of red nie,
want hulle is niks.
22  Ter wille van sy groot Naam
sal die Here nie sy volk prysgee nie.
 Die Here het besluit om julle sy volk te maak.
23  Ook ek
sal nie teen die Here sondig
 deur op te hou om vir julle te bid nie.
Ek sal julle aanhou onderrig in die goeie en reguit pad.
24  Wees net gehoorsaam aan die Here
 en dien Hom opreg
en met julle hele hart.
Let op die groot dinge wat Hy vir julle gedoen het.
25  Maar as julle opsetlik verkeerd doen,
sal julle sowel as julle koning uitgewis word.”

Preek
Aangrypende teks,
soveel dinge kan sê.

Ons hierdie kwartaal –
karakter na God se hart.
Hoe God ons vra te wees,
Bybelkarakters as voorbeeld.

Dus op wil fokus vanoggend,
Samuel integriteit.

Samuel se verhaal een van integriteit –
sien eerste plek in vrymoedigheid vra na eie gedrag,
volk se eenparige reaksie.

Sou jy bereid wees te doen Samuel doen?
Vir mense vir jou werk,
sê:
julle weet ek Christen,
kan seker veronderstel weet watter waardes Christen mee leef:
eerlik,
liefde,
respek,
nie vloek en skel,
nie lieg…
nie mense inloop,
nie so baie waag nie,
Het ek so geleef?

Kan vra vir eggenoot?
vir kinders?

Want dis hier,
in wat ander van jou sien,
waar integriteit te sprake kom.

Etiek – christelike etiek,
sou wees wat dink reg en verkeerd,
hoe ons dink Christen veronderstel te leef.

Moraliteit is hoe mense eintlik leef.

Wanneer etiek en moraliteit gelyk is,
dan praat van integriteit –
wanneer ons lééf soos wat weet moet.

Was Jesus se probleem met Fariseërs –
dat nie integriteit gehad,
daarom huigelaars genoem,
teenoorgestelde van iemand integriteit.

Dink term “tweegesig” goeie verduideliking,
iemand twee gesigte,
is wat ons is wanneer nie integriteit is.

So mense met integriteit is betroubaar,
eerlik,
omdat geen masker dra,
nie vals is,
omdat optree soos wat glo.

Daarom kan in eerste plek sê dat integriteit heelheid is.

Gebou bv. praat van strukturele integriteit,
beteken manier waarop dele in mekaar pas,
sodat weerstand kan bied,
gewig kan dra.

Blykbaar ook in kuns,
wanneer nie pas,
praat van kuns wat nie integriteit het.

Hebreeuse woord vir integriteit –
natuurlik nie hier gebruik word –
beteken letterlik “volledig”.
Integriteit is om ge-integreerd te wees,
dat wat glo deel is, geïntegreerd is met manier wat optree. 

Om dan nie integriteit te hê,
is om twee gesigte te hê,
oneerlike met self,
in manier van leef.
Wanneer integriteit leef,
is wat glo en wat sê en wat doen,
dieselfde,
konsekwent.

Daarom is integriteit in tweede plek ook konsekwentheid.
Wat binne en buite is,
lyk dieselfde,

wat sê en doen,
wat glo en leef,
is konsekwent. 

Verskillende dele van lewe,
hoe leef in kerk,
in gesin,
by werk,
is dieselfde. 

Goeie voorbeeld hiervan,
is hoe mense optree wanneer anoniem is –
bv. anonieme brief,
op internet anonieme kommentaar lewer.

Altyd verstom wat mense sê wanneer dink niemand weet wie is!

Iemand met integriteit,
se kommentaar hoef nooit anoniem te wees nie,
want is nie skaam daarvoor,
is konsekwent met wat persoon glo en bely.
Integriteit ontsettend belangrik.

Oor 400 studies wêreldwyd,
wat mense in leier soek,
bykans elke studie:
eerlikheid en integriteit.

Coke,
dink België,
mense siek geraak na drink,
Coke regoor Europe herroep,
kos geld,
maar integriteit is op spel.

As produk integriteit verloor,
verloor mense vertroue.
Dan alles verloor.

Vir ons Christene natuurlik nog meer belangrik,
omdat integriteit van evangelie,
van Christus op spel is.

Dink neem dikwels nie ernstig genoeg dat ons liggaam van Christus is.
Nie sommer net metafoor.
Is feit –
ons is – fisies – liggaam van Christus op aarde.
Wanneer mense na ons kyk,
sien Christus. 

Dis hoekom vir ons gemeente belangrike waarde is
dat op so manier sal leef,
dat koninkryk reflekteer.

Dis hoekom ons as gelowiges téén die waardes van die samelewing in moet kies.
Kan NOOIT sê almal doen dit.
iemand sê:  sneeuvlokkie voel nooit verantwoordelik vir sneeustorting.

Verkeerd is verkeerd – al doen almal dit.
En reg is reg – al doen niemand dit nie.

Natuurlik vir my maklik te praat –
ek is dominee,
staan nie in besigheid,
doen wel besigheid,
moet ook voor 20 Nov belastingvorm invul.

Maar dink vir ons almal –
sommige meer as ander –
 uitdaging geweldig groot,
om met integriteit leef,
as mense weet jy gelowige,
om konsekwente getuie te wees,
wat mense van jou sien,
in besigheidspraktyke,
in manier met mense omgaan,
geen ander gesig
as die van Jesus.

En dis moeilik.
Ons leef in wêreld waar integriteit nie norm is,
waar Christelike waardes,
goed soos eerlikheid en respek,
bykans nêrens gesien word. 

Iemand een keer vir my gesê:
ek probeer waardes leef,
geen respek,
sien net as swakheid
uitbyt. 

Leef in wêreld waar druk bo uit te kom,
geweldig is,
enorme uitdagings,
enorme versoekings,
waar  integriteit iets van ons gaan vra…

amper soos Jesus wat gesê het:
As iemand agter My aan wil kom,
 moet hy homself verloën,
 sy kruis opneem
en My volg,

Jesus nooit gesê gaan maklik wees dissipel te wees,
gaan niks kos.
Jesus gesê:
neem jou kruis op
en volg my.

Bedoeling Christen-wees,
nie doen wat reg is wanneer maklik,
wanneer ons pas,
maar dat ons Christus volg,
dat kruis opneem
en hom volg,
dat doen wat van ons vra,
altyd,
ook –
veral –
wanneer moeilik.

As Christus van ons vra spesifieke manier leef,
dan maak ook vir ons moontlik hom te gehoorsaam.
Vra nie van ons wat nie kan doen.

Wanneer dan oor integriteit praat,
kan met integriteit leef
wanneer leef in God se teenwoordigheid.

Ons word mense van integriteit,
wanneer leef in teenwoordigheid
van Een wat sien wie werklik is,
wat doen wanneer niemand anders sien,
wat doen wanneer wéét kan daarmee wegkom,
selfs sien wat dink.

Wanneer van dag tot dag in teenwoordigheid van god leef,
sy teenwoordigheid realiteit in lewens is,
sal Gees in ons werk,
bewus maak van vals gesigte,
maskers,
vorm,
sodat mense van integriteit word. 

As integriteit heelheid is,
dan is nog manier waarop met integriteit leef,
is om met regte middelpunt te leef,
wil amper sê:
met regte motivering.

Nie tweegesig wees,
maar as maskers afhaal,
lae afdop,
middelpunt Christus sal leef,
om hom te volg. 

Baie dinge ons kan motiveer,
bepaal hoe optree –
sukses, geld, aanvaarding…
wanneer hierdie dinge middelpunt is,
wat nastreef,
dan kan nie met integriteit optree,
dan sal altyd in konflik staan met eise van evangelie. 

Maar wanneer middelpunt is om Christus te volg,
dan kom res ook in balans,
kan ons keuses maak –
téén waardes van wêreld in,
omdat dit oor hom gaan
en nie oor geld
of sukses
of respek van tydgenote.

In skryf van hierdie preek,
deeglik bewus dat hierdie van swaarste preke nog geskryf –
waarskynlik tweede swaarste,
in terme van appèl,
van aanspraak maak op lewens.

Vermoed meeste van ons ervaring hierna luister,
is hoe misluk,
hoe NIE slaag integriteit te leef.

Ken wet,
ken opsomming uit kop.
Maar wanneer praat integriteit,
vra natuurlik baie meer as net tien gebooie,
nader aan bergpredikasie…
In manier vrou behandel,
kinders wanneer vir soveelste keer selfde ding vra,
belastingvorms,
besigheid…

Dink ons vanoggend hier sit
gaan Nagmaal gebruik –
deel aan liggaam van Christus,
waarmee ook deel word van liggaam van Christus,
baie ernstig neem dat ONS liggaam van Christus op aarde,
dat ons hom
in woord en DAAD
verteenwoordig.

En erken dat meestal maar swak job doen.
Dat Sondag lewe
en week-lewe,
nie konsekwent is. 

Jou vandag uitdaag:
NG Kerk Somerstrand,
om jou kruis op te neem
en hom te volg.

Ek wil jou vandag kans gee
skuld te bely,
toe te wy aan Christus,
doen wat hy van jou vra,
verbind daaraan met integriteit
besigheid te doen
mense te hanteer,
te leef…

Om met integriteit te leef,
konsekwent volgens die waardes van die evangelie,
ook al is dit moeilik. 

GEBED – toewyding
Skuldbelydenis  Lied 231 v1 en 3 (sit)

Genadeverkondiging
Vir my wonderlikste deel van teks gelees,
is God se genade.

Volk verkeerd gedoen,
wil koning hê,
al het God gesê nie sy wil.

En selfs nadat –
willens en wetens –
verkeerd doen,
vergewe God hul steeds.

En meer nog as dit:
in hul verkeerde keuse,
sit die saad van hul verlossing.
Hoewel God nie koning wou gehad nie,
is in koningslyn belofte van Messias.

God gebruik volk se sonde,
in verlossingsplan.

So as ons vanoggend onder indruk van mislukking,
van verskillende gesigte waarmee leef,
dan dit ook troos van teks –
en van feit dat vanoggend Nagmaal geniet. 

As in verlede misluk,
redelik seker sal waarskynlik weer,
dan Nagmaal vanoggend ding
wat vir jou sê:
God sal jou nie verlaat nie,
nie aan self en eie sondigheid oorgee.

Dis hoekom sê Nagmaal is waarborg.
So seker as wat elkeen van ons hierdie brood eet en hierdie wyn drink,
 so seker het ons deel aan Christus se sterwe en opstanding. 

Hierdeur waarborg Jesus vir ons
 dat ons volledig gered is,
asof ons self voor God gestaan het,
self die straf vir ons sonde gedra het,
self daarvoor gesterf en opgestaan
en ons geregtigheid voor God verwerf het. 
Die sekerheid wat die Nagmaal ons gee,
 is nie gegrond op hoe ons voel nie,
nie gegrond in ons verlede,
in ons dade nie,
 maar in Jesus self.

Daarom is die nagmaal ook vir ons ‘n vreugdefees. 
Dit is die plek
waar die Heiland op ‘n besondere manier
die vrugte van sy lyding, sterwe en opstanding
uitdeel. 

die nagmaal ook ‘n fees van dankbaarheid is.
Die Heilige Gees verseker ons
 deur die tekens van die brood en wyn
van die heil wat ons in Christus het.
dat God ons nie prysgee nie,
maar dat ons in Christus volmaak is.

Hier by die nagmaal,
by die gebruik van die tekens,
dank ons vir Jesus met ons hele wese
 en gaan ons nou in dankbaarheid on lewe opnuut aan hom wy. 

Gebed:  Lied 295:1 (sit)
Bid res van 295

Koor 301

Nagmaal

Lied 245

Seën

Lied 314

Interessant wátter vrae Samuel oor bediening vra.
Wys vir ons wat belangrik was,
Samuel ook besig styl Rigters leierskap met konings kontrasteer. 

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.