Fil 4:2-9 Blymoedige Vrede
God nooi ons uit en ons kom tot rus
Verwelkoming & afkondigings
Lydenstyd
Lied 400 Juig, juig in hom
Votum
Ps 9:2-3, 10-11
Seëngroet
Lofsang
Psalm 9 vv 1 & 6 almal, 3 koor, 4 vroue, 5 mans (staan)
Filippense 4-lied (sit)
Vonkk 80 Ek is bly (sit)
GOD PRAAT MET ONS EN ONS LUISTER
Doop
Lied 292:2 Die doop is die seël… (sit)
Lied 532:2 Wees vir hom ‘n vader… [vervang “ons” met “hom”](sit)
Gebed
Skriflesing
Reeks Filippense –
Gees van Christus verander ons gemeente
vandag: blymoedige vrede
Filippense 4:2-9
Gemeente se teks (verduidelik)
Kindertyd
Poppekas:
Seun: Ag nee regtig! Kyk nou hier! Argh!
Ma: Wat is dit nou? Waaroor gaan jy so tekere?
S: Hoe lank soebat ek nou al vir ‘n Nintendo 3DS ?
Vir Kersfees het ek so mooi gevra en ek was heel jaar so soet en wat kry ek?
‘n Fiets!
Ek wou ‘n DS hê!
Vir my verjaarsdag het ek net so mooi gevra. Ek het gesoebat. Maar kry ek ‘n DS? Nee!
Toe dag ek ek sal vir oupa vertel hoe graag ek ‘n DS wil hê.
M: Hy weet dit seker al, jy gaan al so lank aan daaroor!
S: Presies!
Ek verduidelik toe mooi vir oupa wat ‘n DS is
– en hoe ek nie kan leef as ek nie een het nie
– en al my maatjies het een, net ek nie
– almal lag al vir my!
M: En toe?
S: Kyk hier wat kry ek!
‘n iPlay portable Game station!
M: Dit klink fensie! Wat’s dit?
S: Dis van daai stupid goed wat hulle op die TV adverteer:
“But wait, there’s more!”
Dit het nie eers ‘n kleur skerm nie, wat nog te sê 3D!
Wat moet ek daarmee doen?!
Almal gaan vir my lag!
M: Hoekom dink jy het oupa dit vir gekoop?
S: Uhm…
want ek het gevra…
en hy’s lief vir my…
Maar dis die verkeerde een!
M: Dink jy oupa het aspris die verkeerde een gekoop?
S: Nee…
Miskien het hy gedink ek soek ‘n speletjie, maar nie besef daar is so ‘n groot verskil tussen ‘n DS en hierdie stupid ding nie.
Maar dis die verkeerde een!
M: Onthou jy wat ons op die oomblik in die kerk lees – en in ons huisgodsdiens?
S: Ag, nou gaan ma weer vir my preek!
M: Ek’s jou ma. Dis my werk.
S: Ons lees die brief wat Paulus vir die gemeente in… uhm…
M: Fi… [of neurie liedjie “Filippense 4 vers 4]
S: Filippense! geskryf het.
M: En hierdie week se teks sê ons moet bly wees.
Eintlik bedoel Paulus ons moet tevrede wees.
S: Maar dis die verkeerde een!
M: En ons moet dink aan wat reg in mooi en goed is.
S: [brom] maar dis die verkeerde een…
M: Goed, dis die verkeerde een.
Maar waaroor kan jy bly wees?
Wat is reg en goed en mooi – ook aan jou verkeerde speletjie?
S: Wel…
oupa het aan my gedink.
En ek weet oupa het nie baie geld nie,
maar hy wou my nog steeds bly maak, want hy’s lief vir my.
[penny drops:]
Ek het die verkeerde speletjie,
maar ek het die regte oupa!
ð Oupa kom ingestap
Oupa: Wat gaan hier aan?
S: Ek het nou net vir mamma vertel van oupa se wonderlike geskenk
en hoe goed Jesus vir my is
omdat ek ‘n oupa het –
en dan nog ‘n oupa wat so baie vir my omgee!
Oupa en seun gee vir mekaar ‘n drukkie.
EINDE
Preek
Fil 4:4: Wees bly in die Here. Ek herhaal: Wees bly!
Tema Filippense.
So baie kan sê.
Tog ook ongemaklik te lees, hoor.
Pollyanna
Toe kind was, fliek Pollyanna op TV gesien
(toe reeds oud).
Kulturele ikoon – bekend – meeste gesien.
Verhaal dogtertjie,
Pollyanna
Pa sendeling
een Kersfees
hoop pop,
kry net krukke!
Ontwikkel “glad game” –
vind in elke situasie iets voor dankbaar te wees
(dat nie krukke nodig het).
Wanneer Pollyanna in fliek ontmoet,
weeskind,
by streng, nors tante bly
in dorpie moed verloor.
Pollyanna altyd dankbaar,
bly –
ignoreer alles wat sleg is.
Sien altyd net goeie.
Deur fokus op positiewe,
blymoedige geaardheid,
verander dorpie.
As kind reeds gedink
hierdie fliek veel eerder riller
as familiefliek Disney probeer maak dit is.
Lewe is net nie so eenvoudig.
Iets effens patologies
beslis ongesond.
In fliek toneel
Pollyanna gesels Rev Ford –
ou altyd oor dood en sonde gepreek.
Vertel haar pa altyd oor blydskap-tekste gepreek.
Gesê oor 800 tekste oor blydskap.
As God moeite gedoen soveel keer te sê,
sekerlik bedoel.
Dominee tel deur nag,
ontdek 826 tekste.
Kan dink vanoggend teks inspirasie vir fliek.
Lyk Paulus boodskap presies is wat Pollyanna sê:
Wees bly.
Moet oor niks besorg wees
Fokus gedagtes op positiewe.
Hele brief Filippense.
Inderdaad hele Bybel.
Ek dink fliek Pollyanna berus fundamentele misverstaan teks.
Redelik universele misverstaan,
liedjies soos “don’t worry, be happy”.
Idee Christene altyd glimlag
(skool: liedjie oor sing, nie geglimlag).
Maar om pyn en hartseer –
ander sogenaamd “negatiewe” emosies –
te ontken,
is ongesond,
kan selfs patologies wees.
God het vir ons hierdie emosies gegee!
Is deel van ons geskapenheid.
Jesus:
huil by vriend se graf
huil in tuin van Getsémané.
Hoe kan ons dan sê mag nie huil,
hartseer wees,
moet altyd bly wees,
lag –
as selfs Jesus hartseer was?
Wat is vreugde?
Probleem is dat ons verkeerd verstaan wat vreugde/blydskap is.
Verwar vreugde in eerste plek met geluk.
happiness.
Maar geluk is eksterne toestand,
terwyl vreugde interne toestand is.
Geluk afhanklik van omstandighede –
daarom ook soms tydelik.
Iemand gesê mens hoef nie beroemd en ryk te wees gelukkig te wees – moet net ryk wees.
Ons kultuur verbind geluk aan goed soos
geld, mag, roem, skoonheid, jeug,
afwesigheid konflik, pyn.
Eintlik meer nog:
verwar vreugde met plesier.
pret
heerlike omstandighede
Blydskap waarvan Bybel praat,
iets anders.
Gawe van Gees,
vlgns Gal 5:22
Woord Paulus “blydskap” gebruik,
stam chara.
Teks: wees bly,
OAV: verbly
Eng: rejoice.
Verbuiging charis –
genade
Ander verbuiging:
Eucharistie –
Nagmaal,
beteken danksegging.
So blydskap hou verband met
genade
danksegging.
Teoloog Paul Tillich skryf
teenoorgestelde vreugde is nie pyn.
Om waarheid te sê,
pyn en vreugde kan dikwels saam leef.
Onthou Paulus brief skryf:
tronk.
Twee weke gelede,
fil 2,
Epafroditos –
Paulus sê sou nie kon hanteer as nog hartseer van Epafroditos dood óók moes hanteer.
Paulus nie tronk stoïsyns –
moeilik, seer.
Hartseer
pyn,
vrees
beteken nie noodwendig die afwesigheid van vreugde.
Is hoekom Paulus sê:
wees ALTYD bly,
in alle omstandighede –
want vreugde nie afhanklik van omstandighede.
Sê nie wees bly OOR alle omstandighede –
wees bly IN alle omstandighede.
Miskien beste verstaan hoe pyn en vreugde saam kan wees,
as dink aan opofferings:
ons mensdom kan opofferings maak,
kan plesier
en selfs geluk opoffer
ter wille van iets vir ons belangriker is –
ter wille van kinders se welstand,
ter wille van iemand of iets waarvoor omgee.
Kan soms KIES vir slegte omstandighede,
twv iets wat vir ons meer waarde het
as spesifieke omstandighede.
Dis vreugde –
goeie voorbeeld van hoe vreugde en pyn dikwels vennote is.
Teks gee goeie aanduiding hoe vreugde bekom,
eerder – hoe met hierdie vreugde leef.
Inskiklikheid
Kleingroepmateriaal week
lig verband vreugde & inskiklikheid uit,
twv tyd nie nou daarop ingaan.
Vertroue op God
Sleutel:
Here is naby,
gebed
Naby – wederkoms,
hoop,
ook: teenwoordig.
Wanneer Paulus sê wees bly,
moet oor niks bekommerd wees,
dan laat nie in lug hang.
Vreugde IN HERE,
begrond dit in Jesus nabyheid.
Vreugde ingebed in verhouding God –
in ons deel wees van God verhaal,
wat wêreld geskep –
goed geskep, positief.
Kwaad in wêreld ingesluip.
God hom ontferm.
Jesus gemartel
aan kruis gehang
gesterf.
Opgestaan.
Oorwin.
Krag nou in ons lewens
in ons wêreld aan werk.
Weer gaan kom,
finaal oorwin,
Skepping herstel.
Nou reeds teenwoordig,
betrokke.
Daarom,
na oproep niks bekommerd te wees:
maak in alles jul begeertes
deur gebed en smeking
en met danksegging
aan God bekend.
Let op “smeking”.
Is nie: ek’t nou gebid,
nou’s dit tyd vir “don’t worry be happy”.
Is worsteling,
is met erns,
met smeking,
begeertes na God vat.
is hammer teen God deur,
soms met trane
soms in moedeloosheid,
smekend.
Vreugde berus dan op ou end
nie in self
maar in God.
In vertroue op God,
in wete God teenwoordig
God gebede hoor.
Dat omstandighede –
goed of sleg –
nie grootste realiteit is,
maar deel is van werklikheid van God.
Vrede van God
Dan praat teks van vrede van God.
(Sien is nie volgorde –
vir myself geteken,
pyltjies oral, heen en weer,
hierdie verbind hieraan,
hierdie veroorsaak die,
gaan weer terug die…)
Kan in Here verbly,
want weet naby,
vertrou hom,
gee begeertes vir hom.
Deel van vreugde,
is vrede van God wat oor harte en gedagtes wag hou.
Baie belangrike gedagte –
idee God nabyheid
en God vrede
twee keer in kort versies genoem.
Kleingroepmateriaal:
enigste plek NT so oor vrede van God praat.
Is nie vrede MET God,
maar God se vrede –
vrede God self het,
vir ons gee.
Teks sê is vrede wat verstand te bowe gaan.
Hierdie vrede – vreugde? –
is bo-natuurlik.
Is nie iets kan veroorsaak, bewerk –
is iets ontvang.
Is deel van God
wat vir ons gee.
Ingebed in geheel van God nabyheid,
gebed – afhanklikheid, verhouding,
vreugde/vrede twee kante van gawe God ons gee.
Tekens van God se heerskappy
En dan eers kan ons v 8 lees:
Alles wat waar is
edel
reg
rein
mooi
prysenswaardig
watter deug of lofwaardige saak –
daarop gedagtes rig.
Want net as deel van hierdie geheel
maak dit sin.
As apart lees,
op eie,
dan positiewe denke.
(Wat op sigself nie sleg –
weet negatiewe fokus kan aftrek, vernietig.
Christelike geloof in wese positief –
dalk goed onsself slag daaraan herinner!)
Maar hierdie fokus v8 is nie Pollyanna –
ignoreer slegte.
Dit is deel van lewenstyl
gefokus op God teenwoordigheid,
in vertroue God.
en hierdie goed –
edel, reg, rein, mooi –
is sigbare tekens
van God se koninkryk,
God teenwoordigheid,
God vrede aan werk in wêreld.
En DIS realiteit
waaruit gelowiges leef.
‘n Realiteit wat groter
en sterker
en egter is
as die slegte
waarvan daar ook nog tekens in die wêreld is.
want vir gelowiges is die lewe nie iets neutraal nie.
Lewe op aarde is nie iets wat kan sê
kan of goed
of sleg wees
afhangende van omstandighede.
As Christene
glo ons lewe gawe van God
uit liefde vir ons gee.
Is platform waarop God werk.
Daarom iets wat met dankbaarheid ontvang.
In blydskap mee leef.
Met oop oë vir die werk van God.
vreugde is dan
op die ou end
‘n manier om die wêreld te sien (wêreldbeskouing),
‘n persepsie van realiteit
wat ons help om verby omstandighede te sien
goed of sleg
na die toekoms wat God beloof.
GOD STUUR ONS OM TE LEEF
Gebed
Dankoffer
Piet Naudé eenkeer hier gepreek,
gepraat oor musiek in kerk sing.
gesê KAN nie liedere oor vreugde en blydskap –
lofliedere – rejoice – sing –
is om waarheid te sê wreed dit te sing,
as nie EERS gesing het:
Were you there when they crucified my Lord?
When I look on it I tremble, tremble…
(Nog so mooi begin sing)
Eers as dit gesing,
verstaan,
wat met vreugde kan leef.
Albert verlede Sondag met Nagmaal gespeel,
geroer,
Koor nou terwyl dankoffer.
Koor Vonkk194 Was jy daar?