Skip to main content

Tag: konings

29 April tot 4 Mei Die Koning wat alles gehad het

RUS 
•Vertel vir mekaar hoe die Here jou die afgelope week geseën het.
•Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
 
HOOR 

Lees Hoofstuk 13 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Salomo (1 Konings 1-11) uit enige kinder-vriendelike Bybel.

•Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.  
•Gesels oor wat wysheid en onderskeidingsvermoë is en hoe dit verskil van kennis.
•Hoe raak ’n mens wys?  Wat kan jy doen om wyser te word?
•Salomo het goed begin, maar uiteindelik het hy geswik voor versoekings.  Verduidelik vir mekaar wat ’n “versoekings” is en laat elkeen voorbeelde noem van versoekings wat hulle self moet weerstaan.  Gesels oor wat julle alles kan doen om seker te maak julle bly sterk staan teen versoekings.
LEEF 
•Hoe gaan jy hierdie week ’n seën wees?
•Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.  Bid ook vir Pinkster (en Kinderpinkster) wat 19 Mei begin.  Bid vir almal wat nou hieraan voorberei, dat hulle sal luister na God se stem.  Bid ook dat die Gees nou al sal begin om julle harte gereed te maak en dat die Gees spesiaal met julle sal praat tydens Pinkster.