Skip to main content

Tag: geboorte

12-18 Aug – Die geboorte van die Koning

RUS

  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
  • Vertel vir mekaar hoe die Here julle die afgelope week geseën het.

HOOR

Lees Hoofstuk 22 van Die Storie of Lukas 2:1-20 (Die geboorte van Jesus)

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
  • Hoekom het God vir Jesus aarde toe gestuur?  Wat beteken dit vir jou lewe?
  • Wat sê dit vir ons oor Jesus dat hy in ’n stal gebore is?  Hoe sou dit anders gewees het as hy in ’n groot, blink paleis gebore is?

LEEF

  • Sê almal vir Jesus dankie dat hy aarde toe gekom het.
  • Hoe gaan julle hierdie week ’n seën wees?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.