Kinders en die media
Hier is ‘n handige riglyn vir ouers van tieners en tweens oor hoe om met jou kinders te gesels oor die impak van media in hul lewens.
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Hulpmiddels vir families. No Comments on Kinders en die media
Hier is ‘n handige riglyn vir ouers van tieners en tweens oor hoe om met jou kinders te gesels oor die impak van media in hul lewens.
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Hulpmiddels vir families. No Comments on Hoe om saam te bid (4-6 jariges)
HuisGeloof: Familie Gebed : 4-6 jariges
Om families te bemagtig om die gereelde gewoonte van gebed te ontwikkel en sodoende die volgende generasie op ‘n kragtige manier aan God te verbind.
Elke gesin gaan sit by ‘n tafel
Kleur solank hul prente in
Welkom!
Doel van byeenkoms: help gesinne om gebed as gereelde gewoonte te ontwikkel
Gesels as gesin: Wat is gebed?
[Gee tyd vir gesprek. Vra vir terugvoer. Skryf terugvoer op blaaibord.]
Moontlike antwoorde:
ð
Gesels as gesin: Hoekom is gebed belangrik?
[Gee tyd vir gesprek. Vra vir terugvoer. Skryf terugvoer op blaaibord.]
Moontlike antwoorde:
Hierdie is fundamentele goed! Ons wil graag hê ons kinders moet selfversekerd kan bid.
ð
Gesels as gesin: Hoekom bid mense nie?
[Gee tyd vir gesprek. Vra vir terugvoer. Skryf terugvoer op blaaibord.]
Moontlike antwoorde:
Matteus 6:7-8 Wanneer julle bid, moenie ’n klomp woorde sê en weer en weer dieselfde dinge vra nie. Mense wat nie vir God ken nie, bid so. Hulle dink hulle afgode sal luister na hulle as hulle baie woorde gebruik en lank bid. Julle moenie soos hulle bid nie. Want julle Vader weet wat julle nodig het, Hy weet dit voordat julle dit vir Hom vra. [Die Bybel vir Almal]
Mark 4:19 Die dinge van die wêreld is soos die dorings wat die koringplantjies toegroei. Vir hierdie mense word ander dinge belangriker as die boodskap van God.
Psalm 4:3 Die Here sal nou ook hoor wanneer ek roep en vra dat Hy my moet help.
Julle gesin kan op twee maniere ‘n lewe van gebed vestig.
Eerstens, ontwikkel ‘n roetine van gebed.
Alle mense het roetine nodig – veral kinders! Roetine help ons om belangrike goed te onthou en konsekwent te wees. Ons moet ‘n tyd kies wat ons elke dag kan gebruik om met God te praat.
Gesinne noem voorbeelde van verskillende tye wat kan werk as daaglikse gebedstyd:
ð Gesinne gesels: Wil julle ‘n gereelde gebedstyd vestig? Wanneer gaan julle gebedstyd wees?
Tweedens, wees op die uitkyk vir gebedsgeleenthede.
Dis dalk selfs nog belangriker as gereelde gebedstye – om daaglikse geleenthede te gebruik om ons kinders te leer, nie net van gebed nie, maar ook van God se krag en werk in ons lewens. Wanneer ons as deel van ons daaglikse lewe na God toe draai, demonstreer ons op ‘n kragtige manier vir ons kinders dat God altyd by ons is en dat ons in ‘n verhouding met hom leef.
1 Tessalonisense 5:17 17 Bid elke keer as julle die kans kry. Moet nooit moeg word om te bid nie. God hoor julle! (Die Nuwe Testament vir Kinders)
Dave Teixeira vertel:
My vrou is baie lief vir diere en is veral ‘n honde liefhebber. Gevolglik is sy baie sensitief oor hoe mense hul diere versorg. Sy raak veral gespanne wanneer sy sien dat mense hulle honde sommer agter op bakkies laat ry. So, as ons in ons kar ry en ons sien ‘n hond agter op ‘n bakkie, dan word daar vir die hond gebid.
Hierdie gewoonte het afgesmeer op ons dogtertjie van drie. Sy freak letterlik uit en dring daarop aan dat daar gebid word elke keer wat hy ‘n hond agter op ‘n voertuig sien.
Oor-gebruik van gebed? Dalk, maar die wonderlike deel van die storie is dat gebed uit die roetine van kerk en etes beweeg het, in ons kar in, enige dag op enige oomblik. Ons gebruik ook gebedsgeleenthede wanneer ons ‘n motorongeluk of ambulans sien. Die punt is om te kyk vir geleenthede en om dwarsdeur die dag te bid.
ð Gesinne gesels: Wat sal goeie geleenthede wees om te bid?
Julle het nou twee goed bepaal:
Ons gaan nou saam bid. Party mense noem die manier waarop ons gaan bid, ‘n “popcorn gebed”, omdat springmielies so een-een pop.
Elke gesin vat hande. Ek gaan ‘n sin sê en elke gesin gaan dan op die ry af die sin voltooi. Ons wag in stilte totdat ek die volgende sin sê. Wanneer ek “amen” sê, sê julle ook almal “amen”.
Elke gesin kry ‘n Gebede uit die Psalms vir julle Familie-plakkaat.
Elke gesin kry “Kom, laat ons bid” pamflet van CLF.
Verdere bron: Faith Begins @ Home Prayer – beskikbaar by loot vir R70.
[Vertaal en aangepas uit Take it Home van Mark Holmen en Dave Teixeira]
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website. Read our Privacy Policy.