Skip to main content

Tag: extreme makeover

Psalm 127 – Kind Vernuwing

Verwelkoming & afk

Jurie Ouderlingeraad

Toetrede

Lied 294: 1 en 3 Jesus roep die kindertjies (sit)

Votum

Ps 33:19-22

Dit is die Here wat sorg

Seëngroet

Lofsang

Psalm 128 (staan)

Lied 509:1, 2, 4 Op berge en in dale (sit)

Gebed

Skriflesing

Psalm 127

Kindertyd

Swemmertjie deur Leo Lionni, vertaal deur Freda Linde

Lied 471 Soek allereers – kanon! (sit)

Preek

Fliek Life as a House

Weet families komplekse goed.

Hierdie reeks: Extreme Makeover: Home Edition,

want hoewel kompleks,

families belangrik.

Plek waar waardes en beginsels leer,

waar karakter geleer en gevorm word,

waar leer dat geliefd is,

dat waarde het,

dat bydrae het te lewer.

Waar moet leer dat vergewe word wanneer foute maak.

Waar by ander familielede leer hoe God is.

Waar kinders gehoorsaamheid leer,

leer wat beteken aan God gehoorsaam wees.

Leer om onselfsugtig te wees.

Baie meer –

plek waar gevorm word.

Belangrik!

Vir samelewing – goeie burgers.

Meer nog vir kerk –

vir almal van ons,

ook dié van ons nie kinders het.

God aan ons taak toevertrou seker maak kinders ken hom.

Sê gereeld: duiwel net een generasie wen,

dan wen alles.

Vir ons is, letterlik, ewige lewe op spel.

Daarom belangrik elkeen van ons –

oud en jonk,

eie kinders of nie,

taak opneem,

sorg kinders die Here ken.

 

Wanneer dan Psalm 127 kyk,

eerste ding Psalm sê,

ons lees met vraag hoe seker maak kinders God ken:

God moet fondament van huis wees.’

v1: As die Here die huis nie bou nie,

swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs.

Huis natuurlik ons huislewe,

ons families –

eintlik ons hele lewe.

Wat beteken God nie net deel van lewe hier by kerk is,

maar dat huis infiltreer,

deel van hele lewe.

God moet fondament van lewe wees,

die argitek

die bouer,

alles.

Ons leef in era van uitkontraktering –

wat ongelukkig ook manier wat kinders opvoed geïnfiltreer het.

As wil hê kind moet kan klavier speel,

vat vir klavierlesse –

vat daarheen,

laai af,

laai later weer op,

hulle kan klavier speel!

Of wil hê rugby speel.

Of swem

of dans.

Probleem is,

dat baie mense geloof ook so benader.

Laai kind by kerk af,

tel oor uur weer op,

kind ken Here!

Of dalk:

kom kerk toe,

kind gaan toepassing / kategese toe,

kry kind – kind ken Here!

Benader ook eie geloof so:

kom Sondag kerk toe,

luister preek,

nou ken Here –

sonder enige iets op eie ook te doen,

enige verantwoordelikheid eie geloofslewe te neem.

Mense,

werk nie so nie!

Kan nie jou eie geloof –

erger nog, jou kinder se geloof –

uitkontrakteer.

Klein bietjie tyd wat kind in kategese spandeer –

maak nie hoe goed kategeet,

hoe goed materiaal –

gaan nie jou kind geloof leer!

Wat geloof laat groei,

is wanneer geloof geleef word.

Wanneer God deel van die fondament

en struktuur van jou huis is.

Wanneer kinders dien hoe jou geloof in God:

bepaal hoe jy jou geld spandeer

manier wat jy jou bure behandel, verander

jou dryf om minderbevoorregtes te dien

jou gedrag teenoor jou vrou of man bepaal…

As die Here nie die huis bou nie,

swoeg dié wat daaraan bou,

tevergeefs.

Die huis is die plek

waar geloof eg word,

waar dit geleer

en geoefen

en geleef word.

Dit is waar God woon.

 

Tweede ding wat teks sê,

is dat God sorg.

As die Here die stad nie beskerm nie,

waak dié wat dit beskerm,

tevergeefs.

2Tevergeefs dat julle vroeg opstaan

en laat gaan slaap

om met moeite ‘n bestaan te maak.

Vir dié wat Hy liefhet,

gee die Here dit in hulle slaap.

Hierdie natuurlik ons gunsteling teks as studente,

gereeld aangehaal:

vir dié wat hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap.

Vermoed nie presies wat teks bedoel!

Jesus self gesê (Matt 6):

25″… Moet julle nie bekommer

oor julle lewe,

oor wat julle moet eet

of drink nie,

of oor julle liggaam,

oor wat julle moet aantrek nie.

Is die lewe nie belangriker as kos

en die liggaam as klere nie?

26Kyk na die wilde voëls:

hulle saai nie

en hulle oes nie

en hulle maak nie in skure bymekaar nie;

julle hemelse Vader sorg vir hulle.

Is julle nie baie meer werd as hulle nie? 2

7Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer

sy lewe met een enkele uur verleng?

Een van daardie tekste glo,

maar nie altyd lekker weet presies hoe te leef.

Wil raai meeste ons hier sit,

werkoliste.

Goed gereformeerd werk ernstig opneem,

na beste van vermoë.

Maar gebeur soms dat prioriteite heeltemal misplaas.

Dat dink werk belangrikste ding,

werk ten koste van families.

Nie tyd het saam kinders spandeer,

dat hulle deur jou teenwoordigheid,

deur jou onderrig,

deur jou voorbeeld

gevorm kan word.

Natuurlik allerhande verskonings –

vir kinders voorsien –

maar iemand skryf werkolisme

is op ou end eintlik subtiele vorm van selfsug.

Natuurlik moet werk,

maar bo dit,

moet God vertrou.

En as lys van prioriteite stel,

dan kom werk derde –

God

familie

werk.

En moenie fout maak nie –

God sorg.

Selfs wanneer ons eie planne misluk,

wanneer dit wat lewe lank voor gewerk

deur mat val –

God sorg.

Besef hoe broos ouers is,

hoe meeste van lewe opgaan bekommernis oor kinders.

En reg –

moet kind belange op hart dra.

Maar kan ook weet:

God sorg.

Weet baie hier sit,

volwasse kinders,

bekommernis dikwels meer,

lewe stampe en stote.

Baie kinders nié Here dien,

wat unieke pyn en bekommernis vir ouers veroorsaak.

Maar ook dan moet jy hoor:

God sorg.

Jesus Matt 11:

28″Kom na My toe,

almal wat uitgeput en oorlaai is,

en Ek sal julle rus gee.

Wanneer God die huis bou,

dan kan ons die beheer daarvan aan God oorgee

en hom vertrou.

 

Derde ding Psalm sê,

is dat kinders ‘n gawe is.

3Seuns is geskenke van die Here,

kinders word deur Hom gegee.

4Soos pyle

in die hand van ‘n krygsman,

so is seuns

wat gebore is

toe hulle vader nog jonk was.

Terwyl vader nog jonk is –

gewoon omdat Psalm fokus God sorg,

kry kinders jonk is,

sorg wanneer oud is.

Beteken ook nie dogters nie ook geskenke!

Is mos maar ding van patriargie,

as oor mans praat bedoel vrouens ook.

Selfde geld wanneer sê kinders gawe vir pa –

ook ma.

Ek byvoeg:

almal van ons.

Eintlik OAV meer akkuraat:

kinders is “erfdeel”.

Nie net geskenk vir mens nou te geniet,

maar ‘n blywende gawe,

voortbestaan van lewe

van generasie tot generasie.

Is nogal ding wat ons kultuur glo:

so baie tyd en geld aan kinders reg grootmaak

goeie geleenthede

goeie skole

goeie waardes…

Maar terwyl sê dat kinders gawe is,

dat kinders kosbaar is,

nie altyd iets wat in gedrag sien.

Kan baie sê oor manier kinders blootgestel in samelewing –

maar ongelukkig selfs in kerk,

nie altyd sien dat regtig glo kinders kosbaar:

wil eerder eenkant hou,

nie hier by ons –

daar op eie,

besig eie goed.

En as hier is,

dan stil,

byna onsigbaar,

inval by ons goed,

ons manier.

Sê kinders belangrik,

maar nie noodwendig belangrik genoeg

dat in ag neem,

dan aanpas sodat hulle kan welkom voel,

kan verstaan.

In verbruikerskultuur

spoel dikwels ook oor in manier wat kinders sien:

nie as mense

na beeld van God geskape

maar as kommoditeite,

verbruikers

of selfs ekonomiese laste.

Maar kinders is ‘n gawe

‘n geskenk van God af –

nie net vir hul ouers,

maar vir hele gemeenskap

en veral gemeente.

Gemeente sonder kinders

dooie gemeente.

Gemeente waar kinders tuis voel,

in gange kan hoor lag en roep,

krummels op grond sien lê,

is gemeente wat lewe.

Kinders gawe,

nie net omdat oulik,

nie net omdat voortbestaan verseker,

maar ook omdat ons by hulle kan leer.

Dink maar aan waarde Jesus aan kinders geheg –

gesê kosbaar,

dié bestraf wat kinders wou wegwys,

hulle genees –

Jesus kinders selfs voorgehou as rolmodelle van geloof!

Kinders nie net daar vir ons om hulle te leer nie.

Kinders ook daar om vir ons te leer.

Ons verstaan evangelie beste

wanneer ons kinders se geloof sien.

Ek sien Here helderste Sondag-oggende,

kinders hier voor sit.

Verlede week 4-6 jariges en ouers,

vra hoekom mens bid.

Een dogtertjie:

Om te chat met Jesus.

In daardie sin help ons meer van evangelie verstaan

as enige preek.

Ouers wederkoms: gmph, hier sit ek nog in my pajamas.

 

Laaste ding Psalm sê

gaan oor sorg God gee deur kinders.

5Dit gaan goed met die man

wat sy pylkoker so gevul het!

Sulke mense het niks te vrees

as hulle met die vyand

in die stadspoort onderhandel nie.

Kinders vorige verse as pyle beskryf,

dus hier verwys na baie kinders.

Stadspoorte plek waar besigheid doen,

regsgedinge uitgesorteer (amper soos hof),

mense dikwels teenstanders ontmoet.

Vandag lyk stadspoorte effens anders:

Swaar werkslas, lang werksure

uitgebreide familie wêreld oor versprei

egskeiding

alkohol

geweld

wat ook al.

Allerhande dinge ons – en kinders – bedreig.

Amasone – miere, vloede, hak pootjies aan mekaar, dryf.

So Here vir ons families gegee,

ons te help dryf in vloede.

Ons taak, volwassenes,

klein miertjies pootjies hak,

vas te hou in vloede –

sodat hulle kan dryf,

maar ook sodat hulle kan sien wat mens doen

wanneer daar vloede kom.

Jesus vertel gelykenis twee mense huise gebou:

een op sand

ander op rots.

Huis op rots natuurlik huis God fondament, soos Psalm sê,

Huis sand, nie God.

Lyk dalk nie van buite af baie verskillende nie:

albei families werk hard,

sterk waardes

eerlik…

Maar wanneer die storms kom,

dan sien verskil,

wanneer huis op rots bly staan.

As die Here die huis nie bou nie,

swoeg dié wat daaraan bou,

tevergeefs.

Maar wanneer God die fondament is,

dan sorg God.

Gebed

 Dowes

Dankoffer

Slotlied

Lied 286 Here God van liefde (staan)

Seën

Lied 286