Skip to main content

Tag: Die Storie

Salomo – die koning wat alles gehad het

Votum                  
Ps 136
Seëngroet
Lofsang                
Lied 286 Here God van liefde (staan)
Psalm 111 vv1 en 4 Keerverse almal, vers 1 vroue, vers 4 mans (sit)
Oorsig die storie
video
Kindertyd (Groet & verwelkoming)
Fliek Aladdin gesien – 
Kry lamp, vryf
Genie – drie wense.
Mag nie wens dat alle wense waar word!
Wat sou jy wens?
Bak roomys nooit opraak
Baie geld
Almal altyd van jou hou?
Storie – is nie regtig genies!
Lees Bybel God aan Salomo in droom verskyn – 
Ook gesê kan wens.
Wat gevra?
Wysheid.
Wysheid = weet wat reg en verkeerd,
Na regte mense luister
Hoef nie droom van genie – 
Kan soos Salomo vra vir wysheid

Epiklese Gebed
Skriflesing  & Preek
Besig Storie – 
Alles eintlik Jesus se storie.
Vandag:  Salomo.
Gaan vandag deur storie Salomo gaan,
Effens ander lens as ons gewoond – [new exodus theology]
Ook vra waarde ons vandag hierdie storie te hoor – 
Stick with me!
Voor Salomo,
Gaan net so paar hoofstukke terug – 
Die hoofstuk keerpunt in Israel verhaal,
Begin van volk.
Berg Sinai – 
Volk slawe,
God hoor roep,
Bevry.
By Sinai – 
Gee grondwet – 
Sê wie God is,
Sê soek “lyf”- 
Priesters, God verteenwoordig,
So leef dat wêreld kan sien wie en hoe God is.
Gee wet,
Waarmee sê:
Dis hoe leef op manier
Wêreld kan sien wie en hoe God is – 
Wie en hoe God is = 
God wat roepstem van onderdrukte hoor,
God wat bevry.
Gesê al wette – 
Nie net 10 gebooie – 
Wys iets van hierdie hart van God,
Wat roepstem van onderdrukte hoor
En bevry.
Reis deur woestyn,
Neem beloofde land in,
Eers regeer deur Rigters,
Dan Saul koning,
Later Dawid,
Vandag:  Dawid seun Salomo.
Lees besoek Koningin Skeba:
1 Konings 10:1-9
OAV meer akkuraat:
Hy u as koning aangestel 
om reg en geregtigheid te doen.
Is presies waaroor Sinai gegaan!
Kry idee dat Skeba getuig
Opdrag Sinai word uitgevoer:
Israel teken van reg en geregtigheid – 
Is tog wie God is!
Wêreld sien – Skeba kom kyk! 
Skeba verstaan
God Salomo geseën 
Om te seën – 
Om gebruik
Reg en geregtigheid te doen,
Te wys wie en hoe God is.
God vir Salomo al die wysheid
En rykdom
En mag gegee,
Sodat Salomo kan doen
Wat God doen – 
Omsien na armes
Swakkes,
Kwesbares
Die wat lei onder ongeregtigheid.
Maar kom kyk bietjie nader
Na reg en geregtigheid
In Salomo koninkryk.
Hoe het Salomo sy seën gebruik om te seën?
Hoe sy wysheid, rykdom en mag gebruik?
Want soos enige iemand wat deur God geseën word – 
Of net klein bietjie
Of oorvloedig,
Kan een van twee rigtings gaan:
Kan seën gebruik om om te sien na kwesbares.
Of kan seën gebruik om eie mag en rykdom te vermeerder.
Bybel vertel die storie van Salomo se seën:
1 Kon 9:15
Vir die bou van die huis van die Here 
en die paleis, 
die terras 
en die muur van Jerusalem, 
en vir die herbou van die stede 
Hasor, Megiddo en Geser 
het koning Salomo 
van dwangarbeid gebruik gemaak.
Dwangarbeid.
Fensie woord vir slawe.
Salomo gebruik SLAWE om God se tempel te bou.
Hoe ironies is dit?
Die God wat geroep van slawe hoor,
Bevry – 
Opdrag gee om selfde te doen – 
Gebruik SLAWE God tempel te bou.
Maar die probleem is nie net WIE hy gebruik vir sy bouprojekte nie – 
Dis ook WAT hy bou.
en vir die herbou van die stede 
Hasor, Megiddo en Geser 
Maklik oor die stede se name te lees,
Mis wat onder die oppervlak aangaan:
Hasor, Megiddo en Geser
Is militêre basisse.
Megiddo is vallei noord van Israel – 
Waar Afrika, Europa en Asië ontmoet.
Strategiese posisie,
Om minste te sê!
Megiddo
Is waar ons woord vir Armageddon vandaan kom.
Salomo gebruik sy massiewe hulpbronne
Om militêre basisse te bou
Om sy massiewe hulpbronne te beskerm.
Maar dit eindig nie daar ie.
Lees 1 Kon 10:26:
26Salomo het ’n mag van strydwaens 
en ruiters bymekaargebring. 
Hy het veertien honderd strydwaens 
en twaalf duisend ruiters gehad. 
Hy het hulle gestasioneer 
in die strydwaposte 
en by die paleis in Jerusalem. 
28Perde is vir Salomo uit Egipte en Kewé ingevoer.
 Die handelaars wat deur die koning aangestel is, 
het hulle daar gaan koop 
vir die prys waarop ooreengekom is.
29Om ’n wa uit Egipte in te voer, 
het net minder as sewe kilogram silwer gekos, 
en ’n perd ongeveer een en ’n driekwart kilogram. 
Dieselfde pryse is aan die Hetitiese 
en die Aramese konings betaal. 
Die invoer het deur bemiddeling
 van die handelaars geskied.
Perde?
Strydwaens?
Presies dieselfde goed waarmee die Egiptenare destyds
Agter die bedremmelde groepie slawe aangejaag het.
Strydwaens en perde – 
Die tenks en vegvliegtuie van sy tyd.
Ingevoer van waar?
Egipte.
Salomo
Het die Egipte van sy tyd geword.
N.A.V. laat lyk asof strydwaens en perde 
by konings van Hettiete en Arameërs gekoop.
OAV:  UITGEVOER.
Salomo nie net wapens gekoop.
Het wapens VERKOOP.
Kan sekerlik sê
Dis manier reg en geregtigheid te handhaaf – 
Onseker kan sê is hoe reg en geregtigheid DOEN –
Maar daar was vrede – 
Want wie gaan nou skoor soek met ou
Wat vinger op rooi knoppie het?
Maar is dit
Om die stem van die onderdrukte te hoor?
Om mense te bevry?
Om om te sien na die weduwee, die wees, die vreemdeling?
Maar nog is dit het einde niet!
Lees in Bybel 
Salomo 700 vroue gehad,
300 byvroue.
Ons moeilik dit te hoor sonder “hur hur hur”.
Maar kanse goed Salomo meeste van hierdie vroue nooit besoek.
Was transaksies – 
Verdrae tussen hom en bure.
Trou met naburige volk – 
Volk seker Salomo gaan nie rooi knoppie in hul rigting druk,
Gaan nie aanval, vernietig.
Salomo seker
Hulle sal hom nie ondergrawe,
Sal ondersteun.
Onthou daardie groepie bevryde slawe
Aan voet Sinai?
Wet God hulle gegee?
Wet wat sê HOE moet wees,
Sodat vir God lyf kan wees,
Nasies kan sien wie en hoe hy is?
Net gou een van daardie wette lees:
Deut. 17:14-17
14“Wanneer jy in die land kom 
wat die Here jou God vir jou sal gee,
 en jy dit in besit geneem het 
en daarin woon, 
sal jy sê: 
‘Ek wil ’n koning oor my aanstel. 
Elke nasie in my omgewing het ’n koning.’
15Stel dan tog die koning aan 
vir wie die Here jou God kies. 
Jy moet iemand uit jou eie volk as koning aanstel. 
Jy mag nie ’n uitlander,
 iemand wat nie uit jou volk is nie, 
as koning aanstel nie. 
16Hy mag nie baie perde aanhou nie, 
en hy mag ook nie die volk na Egipte toe laat teruggaan
 om vir hulle baie perde aan te skaf nie. 
Die Here het vir julle gesê:
 ‘Julle mag nooit weer daarheen teruggaan nie.’
17Die koning mag ook nie baie vrouens hê nie, 
sodat hy nie aan die Here ontrou word nie. 
Hy mag ook nie sy silwer en goud te veel laat word nie.
Paar generasies later,
Salomo:
Baie perde?
Ongetwyfeld!
By Egipte gekry?
Jip.
Baie vroue?
UH…
Te veel silwer en goud?
Wel…
1 Kon 10:14
N.A.V. interpreteer: 
 Salomo se jaarlikse inkomste aan goud 
het sowat drie en twintig ton beloop
OAV – en Engelse vertalings:
EN die gewig van Salomo se inkomste aan goud in een jaar was ses-honderd-ses-en-sestig talente goud,
Nie totale inkomste – 
Nog baie ander bronne,
Ander goed soos silwer.
Maar redakteur Konings,
Glip hierdie stukkie inligting hier tussen-in:
666 talente goud.
Iets is baie, baie verkeerd.
Want wanneer God jou seën,
Kan dit een van twee rigtings gaan:
Jy kan die seën gebruik
Om om te sien na die weduwees, wese, vreemdelinge – 
Kwesbares, onderdruktes;
Of kan seën gebruik,
Eie koninkryk te vermeerder.
Gevolg Salomo se koninkryk,
Is dat wegdwaal van God – 
Dat hierdie man,
Gawe van wysheid van God,
Dwaasste ding denkbaar doen.
In week gesels oor eiland van Life of Pi – 
Na lang tyd alleen op boot met tier,
Kom Pi op Alge Eiland.
Dink dis redding – 
Hier is rus,
Kos.
Kan so maklik daar bly!
Maar kom mettertyd agter
Eiland mens-etende alge – 
As daar bly,
Gaan hom opeet.
Maar eiland tog nie NET sleg – 
As eiland nie daar was,
Sou doodgaan van honger!
Eiland red lewe.
Maar as op eiland sou bly,
Sou sterf.
My laat dink aan hierdie teks.
Al Salomo se wysheid, rykdom – 
Kom van God af.
Is seën.
Maar is bedoel om gebruik te word
Om ander – 
Volk,
Omliggende volke,
Kwesbares – 
Te seën.
Wanneer vasgehou word vir self,
Word juis seën
Instrument van ondergang.
Dink dis belangrike insig ons te hoor – 
Dat God ons seën 
OMDAT hy wil hê
Ons ander moet seën.
Seën is bedoel oor te loop,
Ander te versorg.
Nie net vir self hou.
Natuurlik,
Wanneer seën net vir self hou,
Dan word bron van angs – 
Want dan vrees gaan verloor.
Dink net met hoeveel spanning loop ons elke dag rond,
Omdat goed naarstig vasklou,
Probeer keer dat ander by ons goed uitkom,
Keer dat ons dit gaan verloor,
Keer dat iemand anders ons gaan uitoorlê,
Transaksie gaan kry,
Beter gaan doen as ons – 
Bekommer onsself siek.
Maar as deel,
Word bevry,
Vrygemaak van angs.
Maar hier nog ding in verhaal Salomo
Waarmee ek dink dit NB af te sluit:
Die Here twee keer aan Salomo verskyn
Uitdruklik beveel
Nie ander Gode mag dien nie.
1 Kon 11:9:
Die toorn van die Here het teen Salomo ontvlam 
omdat hy nie meer die Here die God van Israel gedien het nie.
11Daarom het die Here nou vir hom gesê: 
“Omdat dit so is 
dat jy jou nie hou aan my verbond 
en aan die voorskrifte wat Ek jou gegee het nie, 
sal Ek die koningskap van jou afskeur 
en vir ’n onderdaan van jou gee. 
12Ter wille van jou vader Dawid
 sal Ek dit wel nie tydens jou lewe doen nie, 
maar Ek gaan dit tydens jou seun se lewe doen. 
13Ek sal ook nie die hele koninkryk wegneem nie, 
maar ter wille van my dienaar Dawid 
en ter wille van Jerusalem wat Ék uitverkies het, 
gaan Ek een stam vir jou seun laat oorbly.”
Toe ek dit lees,
Gewonder of dit vandag nog werk – 
Of hierdie troos is vir ouers?
As jy verhouding met God het,
Jou kind op verkeerde pad – 
Kan vir Here sê – 
Ter wille van verhouding ons het – 
Moenie my kind straf?
In week vraag by selgroep gevra,
Hulle gehelp om lyn terug te bring van die storie – 
Wat, wanneer alles gesê is, 
Jesus se storie is.
Vier hierdie week Hemelvaart – 
Sê Jesus sit aan regterhand van God,
Dat Jesus vir ons intree by God.
Wanneer ons droogmaak,
Jesus sê vir Vader – 
Ter wille van my verhouding met haar – 
Moet haar nie straf nie.
God kyk na ons,
Na die manier wat ons sy seëninge misbruik,
Sê:  ter wille van my seun
Sal ek julle nie straf nie.
Wat, terloops,
Dan natuurlik ook beteken
Ouers van gedoopte kinders
Kán sê – 
Ter wille van wat Jesus vir kind gedoen het – 
Wees hulle genadig.
Want uiteindelik,
Maak nie saak waarmee ons geseën word
En hoe ons daardie seën gebruik
Of misbruik nie – 
Ons is geseën met die kruis,
Bevestig in die water van die doop – 
Ons is God se kinders.
Daar is dan nou geen veroordeling 
Vir dié wat in Christus Jesus is nie
(Rom 8:1).
Uiteindelik is dit die finale seën waarmee ons leef,
Die belangrikste realiteit,
Tussen al ons angs
En al ons gesukkel
En al ons mislukkings deur:
Ter wille van Jesus:
Daar is dus nou geen veroordeling
Vir die wat in Christus Jesus is nie.
Voorbidding
Dankoffer
Toewydingsgebed
Slotsang               
Lied 489 vv 1 en 3 Waak Christen, staan in die geloof (staan)
Seën
Respons Lied 313

4-10 Maart: ‘n Paar goeie manne en vroue

RUS 
•Vertel vir mekaar waar en hoe julle die afgelope week die Here beleef het.
•Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
 
HOOR 
Lees Hoofstuk 8 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Simson (Rigters 16) uit enige kinder-vriendelike Bybel.
Gesels elke keer oor die verhaal (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk):
•Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.  
•Simson was nie altyd gehoorsaam aan die Here nie.  Dit het hom in baie slegte omstandighede laat beland.  (Gesels gou weer:  wanneer was Simson ongehoorsaam?  In watter slegte omstandighede het dit hom laat beland?)  Tog het God hom steeds gebruik en steeds sy gebede beantwoord.  Wat leer dit vir ons oor dié kere wat ons ook ongehoorsaam is?
•Ons lees in die boek Rigters hoe God gewone mense gebruik om buitengewone goed te doen.  Gesels met mekaar oor hoe julle dink God elkeen van julle wil gebruik.
 
LEEF 
•Vertel vir mekaar hoe die Here julle die week geseën het.  Hoe kan God julle die komende week gebruik om ander te seën?  Wat gaan julle hierdie maand vir julle “30 minute om te seën” doen?
•Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

4-10 Maart: ‘n Paar goeie manne en vroue

RUS 
•Vertel vir mekaar waar en hoe julle die afgelope week die Here beleef het.
•Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
 
HOOR 
Lees Hoofstuk 8 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Simson (Rigters 16) uit enige kinder-vriendelike Bybel.
Gesels elke keer oor die verhaal (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk):
•Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.  
•Simson was nie altyd gehoorsaam aan die Here nie.  Dit het hom in baie slegte omstandighede laat beland.  (Gesels gou weer:  wanneer was Simson ongehoorsaam?  In watter slegte omstandighede het dit hom laat beland?)  Tog het God hom steeds gebruik en steeds sy gebede beantwoord.  Wat leer dit vir ons oor dié kere wat ons ook ongehoorsaam is?
•Ons lees in die boek Rigters hoe God gewone mense gebruik om buitengewone goed te doen.  Gesels met mekaar oor hoe julle dink God elkeen van julle wil gebruik.
 
LEEF 
•Vertel vir mekaar hoe die Here julle die week geseën het.  Hoe kan God julle die komende week gebruik om ander te seën?  Wat gaan julle hierdie maand vir julle “30 minute om te seën” doen?
•Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Eksodus 18-40: Nuwe Wette en Nuwe Verbond

Skriflesing

Video = oorsig vandag teks,
Eksodus 20, met kinders gelees

Preek

Prentjie op skerm:
Michaelangelo Moses
Teks Eks 34:  Vel van sy gesig het geblink.
Hebreeuse qeren, 
Weens verkeie tegniese aspekte, Misvertalings.
Selfstandige Naamwoord qaran = horings
(Hebreeus nie klinkers),
Latynse Vulgaat vertaal Moses horings.
Soms ook vertaal uitstuur strale.
Sommer net interessantheid.
Verlede week volk bevryding – 
God hoor roepstem onderdrukte volk,
Lei uit Egipte,
Bevry slawerny,
Deur Rooisee.
Dan kom by berg Sinai.
Sinai om verskeie redes deurslaggewend – 
Nie net Israel,
Ons almal.
Eerste helfte boek Eksodus,
Volk God ontmoet – 
As’t ware her-ontmoeting.
Tweede helfte = verbond,
Waarin Here spesiale verhouding met Israel tot stand bring.
Goeie nuus ook vir ons:
Ontmoeting met God nie doel op sigself.
Lei tot verhouding –
Soos ouer kind.
So hier staan Israel,
Eintlik geen volk – 
Nou net gered slawerny.
Wat hier by Sinai gebeur,
God vestig verhouding.
God praat!
God nie sedert paradys met groep mense gepraat!
Was maar stillerig.
Hier en daar met individue – 
Dink Abraham, Noag – 
Maar nie massas.
So wanneer God deur Moses vir volk sê 
hulleself gereedmaak God ontmoet,
Gaan oor baie meer as groepie mense wildernis
God gaan luister – 
Gaan oor verhouding wat tot stand kom.
Eintlik herstel word – 
Van afstand ontstaan reeds in paradys,
Toe God Adam geroep het:  Waar is jy?
Sê Moses volk herinner eksodus (19:4),
Sluit met hulle verbond (19:5) – 
Woord verbind
Berit
Lett.  “to cut a deal”,
ONO gewoonte
Besigheid, 
Huweliks-ooreenkomste.
God nooi volk in verhouding met self in.
Sê dan baie interessante ding:
(Ek 19:5-6)
Wanneer volk in hierdie verbondsverhouding met God staal:
Sal julle uit al die volke my eiendom wees,
’n koninkryk wat My as priesters dien,
En ’n gewyde nasie.
Mooi gehoor?
God se volk sal sy priesters wees!
Een van daai goed kan verbyglip,
Sonder ons die deurslaggewende implikasies daarvan besef.
Priester bemiddel tussen mense en god.
Is tussenganger.
Priester wys vir mense hoe sy of haar god is.
As jy na priester se tempel of heiligdom gaan,
Sien wat hulle doen,
Wat hulle daaroor sê,
Rituele uitvoer – 
Dan kry gevoel vir waarvoor hulle god omgee,
Vir WIE hulle god omgee.
So wanneer God verhouding volk vestig,
Sê hulle sy priesters gaan wees,
Nooi hulle om vir wêreld te wys
Wie hy is
En hoe hy is.
Dis waarheid res van Bybel hierna volg:
God het ’n liggaam nodig.
Hy soek vleis en bloed
En bene en vel
Sodat die wêreld kan weet
Wie hy is,
Wat vir hom belangrik is
En waarmee hy besig is.
God vestig hierdie verbondsverhouding – 
Hierdie huweliksverhouding – 
Omdat God ’n liggaam om aarde wil hê,
Liggaam wat wys wie hy is.
En wat hy DOEN,
Hierdie God wat die volk aan die voet van die berg Sinai leer ken,
Is om onderdruktes te bevry.
So God sê nie net dat hulle priesters is nie – 
Sê is ’n gewyde nasie – 
Heilige nasie.
Nog klein woordjie met reuse-implikasies.
Want wat is hierdie groepie mense aan voet van Sinai?
Was nou net nog slawe – 
Geen volk nie,
Geen idee hóé volk te wees.
Al wat ken,
Is Egipte model.
Maar God sê,
As in verhouding met my,
Vir wêreld wys wie en hoe ek is,
Dan word nasie – 
’n heilige nasie,
Nie gevorm deur
Gierigheid
En geweld
En magsmisbruik nie,
Maar deur
Deernis
En geregtigheid
En liefde vir jou naaste.
Dis asof God vir hulle sê:
Julle ken die Egipte-model,
Maar nou roep ek julle om die anti-Egipte te wees.
Dan sê God:
Ek is die Here jou God 
Wat jou uit Egipte
Uit die plek van slawerny
Bevry het.
En hier is dit – 
Hier is die sleutel tot die verhouding,
Tot hoe hierdie God is en wat vir hom saak maak,
Tot hoe ’n nasie gaan lyk wat hom verteenwoordig.
Dis nie sommer abstrakte God in lug sweef – 
Is God wat pyn van mense sien
En fundamenteel gedefinieer word
Deur optrede namens onderdruktes.
En dis eers dan,
Wanneer God hierdie verhouding met hulle tot stand gebring het,
Wanneer hulle gevestig het as sy verteenwoordigers op aarde
Vir hulle herinner het wie hy is en wat vir hom saak maak,
Wat God wette gee.
En dis net dan wat wette sin maak,
Wat ook ons regtig gees van wette kan verstaan,
Werklik kan leef soos God bedoel – 
Nasie kan wees
Vir wêreld wys wie God is,
Wat vir hom saak maak.
Hou nog in agterkop:
Hierdie mense was netnou nog slawe.
Slawerny is fundamenteel onmenslik.
Om besit te word,
As eiendom behandel te word,
Ontneem mense hul waardigheid,
Hul menslikheid.
Wat God begin met tien gebooie,
Is lang proses hulle leer om weer mense te wees.
Gebooie,
Wette daarna,
Is kritieke leidrade
Wat beteken om méns te wees – 
Heel spesifiek,
Beeld van God méns te wees.
Begin eerste gebod:
Jy mag naas my geen ander gode hê nie.
Want hierdie volkie menslikheid – 
Ons menslikheid – 
Hou direk verband aan ons verhouding
Met dié God wat ons bevry het.
Wanneer dit begin vergeet – 
Dat God hulle vrygemaak het – 
Dan begin hulle storie vergeet.
As hulle storie vergeet,
Dan vergeet hoe dit was om slawe te wees,
Mag dalk in nuwe soort slawerny beland.
Tweede gebod: 
Mag nie vir jou afbeelding maak van enige iets op aarde.
Hierdie wet ons in verlede dikwels verkeerd verstaan.
In ONO 
Mense Gode konseptualiseer
Beelde,
Fisieke uitbeelding van wie dink god is.
Help hulle verstaan wie daardie god is,
Hoe daardie god is.
Maar God van Eksodus is anders.
Hierdie God nooi mense om sy priesters te wees,
Om vir wêreld te wys wie en hoe hy is
Deur hul lewens.
Hierdie God het nie beelde van hout en klip nodig nie.
Hierdie God het ’n liggaam nodig.  
Sluit aan by derde gebod:
Mag naam van God nie misbruik nie.
Ook in verlede dikwels verkeerd verstaan – 
Asof sommer net praat van vloek.
Woord hier vertaal “misbruik”,
Kan ook vertaal word “dra”, “opneem”.  
God het hierdie slawe bevry,
Nooi hulle nou om verteenwoordigers te wees
Van hierdie God wat bevry.
Dit is deur HULLE
Dat die wêreld hierdie God sal ken.
God se reputasie
Gaan afhang van hoe hulle sy naam dra.
Gaan natuurlik oor wat mense sê.
Maar gaan oor baie meer as dit.
Gaan oor hoe hulle hulleself dra
As mense wat God se naam dra.
Gaan hulle soos hy maak?
Gaan hulle optree namens die armes en die onderdruktes?
Want dit is hoe God optree.
Dan praat God oor Sabbat.
Een dag, 
Elke week,
Waarop nie gewerk word nie.
Onthou:  slawe!
Sien,
In Egipte het hulle elke dag gewerk,
Sonder rus.
Hanteer soos objekte, nie mense.
Uitgebuit,
Misbruik.
Sabbat is daar
Hulle ter herinner
Is nie meer in Egipte,
Lewe nie meer volgens waardes van 
Gierigheid
En geweld
En magsmisbruik.
Hulle waarde word nie meer bepaal deur hoeveel bakstene hulle kan maak.
Hulle waarde God hulle bevry het,
God in verbondsverhouding met hulle.
Tien gebooie
Is nuwe manier van menswees,
Van heilige volk wees,
In verhouding met die God wat die roepstem van onderdruktes hoor
En hulle bevry.
Alles in res van gebooie,
Wetboek,
Spreek van hierdie bevryding.
Na tien gebooie,
Klomp wette – 
Ons selde lees,
Nie eers in storie genoem.
Maar selfs al leef ons nie al wette meer letterlik,
Bly God wat gegee het,
Selfde,
Sê wette vir ons iets van wie hy is,
Wat vir hom belangrik is – 
En hoe ons kan leef op manier wat vir wêreld wys.
Bv. mag nie rente vra (22:26-27):
As iemand sy klere by jou verpand,
Moet jy dit voor sononder teruggee,
Want dit is al wat hy het om hom mee tote te maak.
Onder wat anders kan hy slaap?
As hy My hieroor aanroep,
Sal Ek na hom luister,
Want Ek is barmhartig.
Hoor wat God sê?
Moenie soos Egipte wees.
As jy mense begin onderdruk,
Gaan ek hulle roepstem hoor.
Opdrag:
(Exodus 22:21–22; 23:6)
Jy mag nie ’n vreemdeling verdruk
Of laat swaarkry nie,
Want jy was self ’n vreemdeling in Egipte.
Jy mag geen weduwee of weeskind veronreg nie.
Wanneer jy regspreek,
Mag jy ’n arme nie in ’n hofsaak verontreg nie…
Ens.
As jy tog so iemand veronreg,
En hy na my roep,
Sal ek na sy hulpgeroep luister
(22:23)
Volk is bevry.
Asof God sê:
Hierdie ding wat nou met julle gebeur het,
Wat ek vir julle gedoen het – 
Laat dit nou ook met ander gebeur.
Die bevryding wat julle nou beleef – 
Help ander om dieselfde te beleef,
Want so sal mense My leer ken.
Die genade wat jy
As die laagste van die laagste ontvang het,
Deel dit ook met ander.
Soos wat ek jou krete gehoor het – 
Luister ook na die krete van ander.
God meet hulle geloof
Aan hoe hulle kwesbares – 
Weduwees, wese, vreemdelinge, swakkes – 
Behandel.
Net gou oor weduwees – 
Miskien kulturele sleutel nodig?
Dink – eensaam.
Hier:  niemand te sorg,
Heeltemal uitgelewer – 
Nie kos, blyplek.
Letterlik armstes van armstes.
God sluit met hulle verhouding,
Sê:  wys vir wêreld wie ek is,
Wat vir my saak maak.
Sê dan vir hulle HOE dit te doen:
Deur om te sien na die swakkes,
Op selfde manier God omsien na hulle.  
Ons lees hierdie as Christene – 
Mense Jesus as God dien.
Maar niks hiervan het verander nie!
God het ons bevry.
God het nog steeds ’n liggaam hier op aarde nodig – 
Om die waarheid te sê
Ons – die kerk – dra die naam van Liggaam van Christus.
Verwag steeds ons 
Op manier te leef
Wêreld wys wie hy is
Wat vir hom saak maak.
Wie hy is
Steeds God wat roepstem hoor,
Steeds God wat omgee
Vir onderdruktes,
Kwesbares.
Ons nog steeds priesters,
Heilige nasie,
Bevry van 
Gierigheid
En geweld
En magsmisbruik,
’n nasie van 
Deernis
En geregtigheid
En liefde vir jou naaste.
Gemeente leuse vir jaar:
Geseën om te seën.
Vanoggend:
Bevry om vry te maak!
Dink na:
Hoe God jou geseën?
Hoe wil God hê jy daardie seën beliggaam,
Sodat wêreld deur jou kan sien wie hy is
Wat hy doen
Wat vir hom belangrik is?
Nadenke