Maak seker dat elke groeplid ‘n kopie van die teks het. Tref al die reëlings vooraf sodat die ontmoeting vlot kan verloop.
Die voorganger lees die kursief gedrukte gedeeltes.
Verdeel die teksgedeeltes tussen die groeplede en vra hulle om dit vooraf op te soek. Die teksgedeeltes kan verkort word, veral as daar jonger kinders in die groep is. Julle sou ook die gesprekke kon uitlaat en net die liturgie doen
Laat die persoon wat die teks gelees het, die kers aansteek, of vra vooraf van die kinders om dit te doen.