Skip to main content

Youtube Sondag 7 Maart 09:00 – Die “dwaasheid” van God

Die “dwaasheid” van God – 1 Korintiërs 1:17-25

God dink nie veel van die wysheid van hierdie wêreld nie. Hoekom? Want, die wysheid van hierdie wêreld kry dit nie reg om God raak te sien nie. Trouens, die “dwaasheid” van God is slimmer as die wysheid van die wêreld. Wie sou kon dink dat ‘n man wat ‘n boot op droë grond bou die enigste sou wees wat gered word van ‘n wêreldwye vloed? Wie sou nou kon dink dat ‘n Man wat sonder kind of kraai aan ‘n kruis sterf die Koning van die wêreld sou wees? Kom luister verder na Paulus se boodskap van die kruis: die “dwaasheid” van God. Dit is die boodskap van die kruis wat jou oë oopmaak vir die wysheid van God.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.