Skip to main content

Youtube Sondag 09:00 – Is jy al ingeënt?

Is jy al ingeënt? Dit is die vraag op almal se lippe. Mense veg om voor in die ry te staan. Om ingeënt te word. Om immuun te raak teen die virus. Om van maskers ontslae te raak, om weer naby mekaar te kan kom, om weer onbesorg en sonder vrees te lewe.

Is dit egter die eintlik vraag? Die eintlike vraag is, is jy al ingeënd? ‘n Geliefde van jou lê in die hospitaal. Jy weet nie of hy gaan oorleef nie. Jy kan nie kommunikeer nie. Jy kan nie besoek nie. Jy lê wakker in die nag. Wat as die persoon doodgaan? Is hy ingeënd? Wat is sy eindbestemming? Volgende week is dit dalk jou beurt. Lê jy in die hospitaal. Met die virus. Of met iets anders. Dan is dit jy wat die vrae vra. Is jy ingeënd? Wat is jou eindbestemming?

Dit is waarom ons die verhaal van Abraham in die Bybel nodig het. Om vir ons sekerheid te gee oor ons eindbestemming. Om ons “in te end” teen die virus van die sonde en die dood. Om vir ons ‘n manier van lewe te gee wat nie deur die dood bedreig word nie. Wat ‘n lewe selfs ná die dood belowe.

Kom luister Sondag na die Woord van die Here uit Genesis 17.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.