Youtube Kersdiens 25 Desember 09:00 – Die duisternis kon die lig nie uitdoof nie
As ‘n mens kyk na die duisternis om ons kan ‘n mens baie moedeloos raak. Dink maar net aan die konflikte in talle politieke sisteme. Die vervolging rondom vryheid van spraak. Die ernstige verdrukking rondom vryheid van geloof. Baie gelowiges ly op talle plekke in die wêreld. Op talle maniere gee die virus ons ook die idee dat die duisternis oorneem. Daar is soveel disinformasie. Soveel onsekerheid. Miskien is dit egter ‘n bedekte seën dat ons soveel inperking belewe. Want, dit wys vir ons hoe onnatuurlik dit is vir ligte om nie te skyn waar dit donker is nie. Ons het miskien te gewoond geraak om ons lig te laat skyn waar al die ander ligte in die kerk brand. So, Johannes 1 is daarom ‘n wekroep. Jesus is die Lig vir hierdie wêreld. Hy het eenmaal deur die getuienis van Johannes sy mense bereik. Sommige het Hom verwerp. Ander het geglo. Jesus soek egter nog steeds mense om van Hom te getuig. Ook op hierdie Kersdag. Al wat jy moet doen, is om ja te sê, sodat Hy jou kan stuur.
Kom aanbid saam met ons die Here op Youtube 09:00 Kersdag 25 Desember