Youtube erediens 9 Augustus 09:00 – Wanneer weet ‘n mens wat is waarheid?

Dit begin ongemerk. ‘n Bewering van teeenstrydighede in die Bybel. ‘n Teoloog wat beweer die Bybel is net woorde oor God. Ons moet alles in die Bybel as’t ware op ‘n tafel neersit en sorteer. Dié woorde is nog geldig. Daardie woorde nie.

En voor jy weet waar jy is, twyfel jy of die Bybel die Woord van God is.

Billy Graham het deur dieselfde vrae geworstel. Moes hy sy skeptiese professore glo? Moes hy sy vriend Charles Templeton glo wat gesê het dat net die akademie die antwoorde kan gee op ons lewensvrae? Dat die Bybel deur die filter van die akademie gelees moet word? En slegs wat die akademie aanvaar as waar geglo en gepreek kan word?

Die saadjies van twyfel het begin groei. Tot een maanlig aand op ‘n retraite in die berge van Kalifornië …

Kom luister Sondagoggend 9 Augustus om 09:00 op Youtube na Billy Graham se verhaal. ‘n Verhaal wat raakpunte het met die gemeente in Berea waarvan ons lees in Handelinge 17. En antwoord self vir jou die vraag: Wanneer weet ek wat is waarheid?

Paulus

Maak 'n bydrae

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.