Skip to main content

Youtube erediens 8 November 09:00 – Bid vir alle mense

Dwaalleraars was nog altyd die kruis van die kerk. Veral dié wat hulle eie dwaashede verkondig het. Dié wat óf die wet óf die evangelie afgekraak het. En nie besef het dat daar ‘n integrale verband daartussen bestaan nie. Albei kom immers van God af! Maar, as Paulus met Timoteus hieroor gesels in sy eerste brief dan wy hy wel oor die onkunde van die dwaalleraars uit. Wys met hoeveel venyn hulle die waarheid teenstaan. Maar, die eerste ding wat hy vir Timoteus aanraai in die gemeente is nie om hulle soseer teë te staan nie. Nee, hy begin met die opdrag dat die gemeente sal bid – vir alle mense! Kom leer prakties hoe om met smekinge, gebede, voorbidding en danksegging mee te werk dat God mense tot ‘n kennis van die waarheid kan begelei.

Chris van Wyk – Kerkgebou en Youtube 09:00 – 8 November 2020

Youtube
Klankbaan (44 MB)
Boek

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.