Youtube erediens 4 Oktober 09:00 – Valse beskuldigings
Wat doen jy as skinderstories oor jou versprei word? As jy beskuldig word van iets wat jy nie gedoen het nie? As enigiemand wat net die moeite doen om die feite vas te stel, sal kan agterkom dat die beskuldigings vals is? Dat dit niks om die lyf het nie? Maar, die valse beskuldigings kry as’t ware ‘n lewe van hulle eie. En voor jy jou kom kry, kom die hele stad in beweging, en wil almal jou seermaak. Dit is wat met Paulus gebeur het toe die Jode in Jerusalem hom vals beskuldig het. Kom leer by hom hoe om só ‘n uitdagende situasie te hanteer sodat die Here sy doel daardeur kan bereik. Chris van Wyk – Sondag 4 Oktober Youtube 09:00.
SKAKELS:
- Youtube
- Kleiner video: (107 MB)
- Klankbaan (48 MB)
- Boek