Youtube erediens 3 Januarie 09:00 – Vreugde vir Volgelinge

Die verhaal van die sterrekenners motiveer ons om in 2021 met meer aandag te luister na wat die Here vir ons sê en tree vir tree, volgens die lig wat ons het, te stap op die pad wat die Here aandui. God wil jou intrek in die werklikheid van ‘n lewe saam met Jesus, om Hom bó alles en met jou hele lewe, te dien. Dit is waarin die vreugde lê hierdie jaar. Om die Here te volg. Om tree vir tree saam met Hom hierdie jaar binne te stap.

Kom aanbid saam met ons die Here op Youtube 09:00 Sondag 3 Januarie.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.