Skip to main content

Youtube erediens 27 September 09:00 – Wat is goed?

Dit is ‘n belangrike vraag, want jou antwoord daarop bepaal jou morele kompas. Dit bepaal hoe jy dink, wat jy doen, hoe jy optree. Dit bepaal hoe jy na die wêreld kyk. Hoe jy gebeure op die wêreldverhoog beoordeel. Dit bepaal wat jy glo, waarvoor jy staan. Dit bepaal die maatstaf waarmee jy meet. Ons leef in ‘n tyd waar die antwoord na wat goed heel anders as in die Bybel geantwoord word. Soos Friedrich Nietzsche gesê het: “We’ve moved beyond good and evil.” Dit is waarom Paulus ons opnuut aanmoedig in Romeine 12:1-2 om nie gelykvormig te word aan hierdie wêreld nie, maar in liggaam en gedagtes die Here toe te laat om ons te verander dat ons kan onderskei wat vir God goed is en volgens sy wil kan lewe. Dit is die enigste manier waarop ons dié dinge kan dink en doen wat vir God aanneemlik en volmaak is.

Sondag 27 September Youtube 09:00.

 

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.