Youtube erediens 25 Oktober 09:00 – Jou onsigbare Vriend

Wat is die geheim van die Christelike geloof? Wat gee jou die energie om die aanslae van die intellektuele te hanteer? Mense wat nie op soek is na dié Waarheid nie, maar eerder hulle eie waarheid. Wat die boodskap van die Bybel in twyfel trek. Wat idees invoer wat in stryd is met die openbaring wat God vir ons in die Bybel gegee het.

Paulus skryf in die eerste “verdediging” (apologia) van die evangelie wat hulle (en ons) moet doen. Hulle moet hulle hou aan die “woord van die waarheid.” Hulle moet die geheim ontdek dat “Christus in hulle is.” Hulle onsigbare Vriend. Dit is hierdie werklikheid wat God se “energie” in ons ontketen om in die geloof te volhard en te groei na geestelike volmaaktheid.

Chris van Wyk. Sondag 25 Oktober 09:00 op Hervormingsondag. Tegelykertyd op Youtube en in die kerkgebou van NGK Somerstrand.

Skakels

  • Youtube
  • Kleiner video: Weens bandwydte beperkinge, is net die Youtube video beskikbaar
  • Klankbaan
  • Boek

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.