Youtube erediens 24 Januarie 09:00 – Net by God vind ek rus

Psalm 62 raak ‘n sentrale tema van die menslike lewe aan. Geborgenheid in God midde in ‘n wêreld vol geweld, onreg en rusteloosheid. Net by God vind ek rus, sê Dawid. Dit is nie ‘n soort rus ten spyte van die ervarings van die lewe nie. Dis ‘n rus in God ten spyte van die gebrokenheid van die lewe. Ons voel ook soms soos ‘n muur wat wil omval, ‘n klipmuur wat omgestoot word. Net nog ‘n klein stampie, en dit is verby. Ons vind egter rus by God. Ons kan ons hart voor Hom uitstort en rus vind in die vertroue dat Hy vir ons ‘n skuilplek is. Dat Hy regverdig en billik sal handel met ons.

Kom aanbid saam met ons die Here op Youtube 09:00 Sondag 24 Januarie

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.