Youtube erediens 23 Augustus 09:00 – Afdraaipaaie

Paulus gesels in 1 Tessalonisense oor die ewige lewe en ons reis daarheen. Hy het daar klem gelê op die rol wat die huwelik en werk daarin speel. Om “hoopvol op pad” te bly. Gewaarsku teen onsedelikheid en luiheid. Ook uitgebrei oor die wederkoms.

In 2 Tessalonisense gesels Paulus nou oor afdraaipaaie. Dinge wat ons van die pad af kan neem. Dinge soos vervolging en verdrukking. Wat jou die toevlug tot wraak kan laat neem. Of kan inhibeer dat jy jou geloof wegsteek. Om die druk te verlig.

Netso kan jy die afdraaipad van “wetteloosheid” neem. Waar jy die waarheid verdraai, omdat jy nie standpunt wil inneem teen die heersende ideologie van die samelewing of selfs van ‘n groep in die kerk nie. Ideologie is altyd ‘n afdraaipad, want dit verdraai die waarheid. En ons moet ongelooflik versigtig daarvoor wees.

Afdraaipaaie is ernstig. As jy nie koers hou nie, as jy nie lief is vir en bly by die waarheid nie, sal jy beland op ‘n afdraaipad wat jou getuienis sal ruïneer en jou godsdiens sy krag sal laat verloor.

Kom luister Sondag op Youtube om 09:00 verder.

 

 

     

Trackback from your site.

Leave a comment