Skip to main content

Youtube erediens 21 Junie 09:00 – Wat doen jy as jy hartseer is?

Kyk dit op Youtube

Daar is verskillende soorte hartseer. Sommige vorme van hartseer kan jy sien kom. Iemand vir wie jy lief is, is kritiek siek en gaan nie herstel nie. Jy kan jou voorberei daarop. Jy kan deur die verskillende fases van rou werk. Daar is ander vorme van hartseer wat jy nie sien kom nie. ‘n Ongeluk. ‘n Miskraam. ‘n Hartaanval. Dit is geneig om jou te verblind, jou asem weg te slaan. Jy is nie voorbereid daarop nie, en dit kan die mat heeltemal onder jou voete uitruk.

Maar, selfs al het jy nog nooit só iets ervaar nie, sal jy die gevoel herken in wat jy met die koronavirus inperking ervaar. Sedert ons in sosiale afsondering is, het almal van ons in mindere of meerdere mate ‘n hartseer oor dít wat ons verloor het. Daar is die vrees. Die angs. Die moedeloosheid. Maar, daar is ook die hartseer. Die gevoel van verlies.

Ons treur oor wat ons verloor het. Sommige steek dit goed weg deur hulle besig wees. Hulle fokus op die goeie dinge wat ook in hierdie tyd gebeur. Ons raak minder siek van ander siektes! Maar, niemand is onaangeraak nie. Daar is ‘n diep hartseer in ons oor die kontak wat ons verbeur. Die geleenthede waarop ons gehoop het wat soos mis voor die son verdwyn.

Wat doen jy as jy hartseer is?

Jeremia s6e vir ons in Klaagliedere 3 dat ons twee goed tegelykertyd moet doen. Ons moet ons trane vashou en die troue liefde van die Here. Dit is die boodskap van die nuwe lied wat Hy ons leer oor die troue liefde van die Here wat elke oggend nuut is.

Kom luister verder Sondag 21 Junie 09:00 op Youtube

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.