Youtube erediens 20 September 09:00 – skat in kleipotte

Daar is waarskynlik geen groter uitdaging vir die kerk as die problematiek van die Woord nie. Die Woord word op allerhande maniere “verdun” om in te pas by die ideologieë van hierdie wêreld. Die drade van die Woord word soos ‘n tapisserie uitmekaar getrek om die drade van die ideologieë van hierdie wêreld daarin te weef en dit as die nuwe waarheid vir ons weer te gee. Ons “skryf vandag die Bybel” soos ‘n leraar dit aan my goedkeurend gestel het. Wat ons egter goed moet verstaan, is dat die skat van die evangelie net op een manier helder en duidelik by ons uitkom. Die lig van die evangelie skyn in ons deur die Woord van God. Die Bybel wat jy in jou hand kan hou. Kom luister hoe Paulus dit vir ons in 2 Korintiërs 4 uitlê. Sondag 20 September 09:00 op Youtube.

Youtube
Klein video (99 MB)
Klankbaan (41 MB)
Boek

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.