Youtube erediens 20 Desember 09:00 – God se liefde maak saak
Dit is so twintig jaar vandat Dawid koning geword het. Hy het van ‘n skaapwagter gevorder tot koning. Van ‘n herder van skape na ‘n herder van mense. Hy het begin dink wat nog? Wat kan ek nog doen? Toe skiet die gedagte hom te binne. Hy sal ‘n tempel vir die Here bou. Uit liefde vir God. Maar, die Here het ander planne gehad. Langtermyn planne. Ewige planne. Dawid se goedbedoelde planne was ‘n hindernis vir God se planne. Dawid moes leer dat God die aktiewe Een is. Dat dit sy liefde is wat saak maak. Dit leer ons dat ons nie vir God ‘n helpende hand hoef te gee nie. En dat ons God moet raadpleeg in alles.
Kom aanbid saam met ons die Here op Youtube 09:00 Sondag 20 Desember.