Youtube erediens 15 November 09:00 – Die laaste stukkie van die legkaart

Hou jy van legkaart bou? Darem sleg as daar ‘n paar stukkies weg is, nè? As jy nog ‘n paar stukkies nodig het om die legkaart klaar te bou. En hulle is net skoonveld. Die verhaal van die kerk is ook só. Soos ‘n groot legkaart. Die meeste van die stukkies is daar. Die meeste van die stukkies is in plek. Maar, daar is ‘n paar stukkies wat lyk asof hulle nie inpas nie. Ons weet nie mooi wat om met hulle te maak nie. Toe Josef en Maria in Betlehem kom, sê Lukas vir ons, was daar geen plek vir hulle in die herberg nie (Luk 2:7). Waarom sou Lukas dié stukkie detail vir ons vertel? Hoe kan ‘n mens hierdie stukkie van die legkaart laat inpas? Natuurlik weet ons dat dit ‘n besige tyd was. Daar was baie wat op Betlehem toegesak het vir die sensus. Al die herberge was vol. Al die kamers geneem. Maar, God het tog hierdie geboorte van vóór die skepping van hierdie wêreld al beplan? Deur die eeue het Hy die legkaart stukkie vir stukkie laat bou. Hoe kan dit dan wees dat daar nie plek in ‘n herberg in Betlehem vir Josef en Maria was nie? Kom luister Sondag hoe dié stukkie van die legkaart inpas. En hoe Paulus vir ons die laaste stukkie van die legkaart gee in Titus 2:11-14.

Chris van Wyk – Youtube 09:00 – 15 November 2020
GEEN EREDIENS IN DIE KERK WEENS COVID-19

Youtube
Klankbaan (44 MB)
Boek

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.