Youtube erediens 13 September 09:00 – Liefde is …
“En nou bly geloof, hoop en liefde, hierdie drie — maar die grootste hiervan is die liefde.” Dit is ‘n baie bekende aanhaling. Jy sien dit op T-hemde, tafeldoeke en teen mure. Dit is een van die bekendste dele in die Bybel. ‘n Geliefde vers vir troues. Maar wat is die betekenis van hierdie hoofstuk oor die liefde? Waarom sê Paulus: “die grootste hiervan is liefde”? Waarom sou liefde meer wees as geloof en hoop? Kom luister Sondag 13 September om 09:00 op Youtube.
Skakels
- Direkte skakel na Youtube Sondag 09:00
- Kleiner video (106 MB)
- Klankbaan (42 MB)
- Die verhaal van die kerk – Paulus versit berge (Stiltetyd- en Kleingroep boek – 2,6 MB)