Youtube erediens 13 Desember 09:00 – Vreugde in Verlies
Ons het nodig om die vreugde van die evangelie weer te herontdek. Om aan die voete van ons Vader die boodskap van verlossing weer in te drink. Om weer bly te raak oor die gawes wat God ons gee soos kinders wat opgewonde raak oor die verrassings van die Adventskalender.
Want, as ons net gaan fokus op die uitdagings van hierdie jaar gaan ons 2021 met ‘n agterstand begin. As ons net gaan vassteek by die verliese van hierdie jaar, gaan ons die vreugdes wat God vir ons weggelê het, doodgewoon mis.
Ek self is intens bewus van die verliese van hierdie jaar. In die gemeenskap. In die gemeente. Ook in my eie gesin. Niemand van ons is onaangeraak deur wat hierdie jaar vir ons gebring het nie.
Maar, en dit is die maar van Jesaja 61. Dit is die maar van hierdie Advent. Daar is nie net verliese nie. Daar is ook vreugdes. En dit is die vreugdes wat ons die moed gaan gee vir die nuwe jaar wat kom. Wat ons die murg in ons pype gaan gee om die uitdagings die hoof te bied. Om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld. Om boodskappers van blydskap te wees.
Kom luister wat dit beteken om “Terebinte van geregtigheid” genoem te word.
Youtube 13 Desember 09:00 – Chris van Wyk
Ons kyk ook na die Joubert-gesin wat die vreugde van die Adventskrans en Adventskalender beleef!