Youtube erediens 11 Oktober 09:00 – Wees bly
Is jy al verras deur vreugde? ‘n Staptog deur die Drakensberge en ‘n diep vreugde oor die wyse waarop alles net inpas by mekaar. ‘n Kleinkind wat jou hand vat en sê: “Oupa, boekie lees.” ‘n Dralende melodie wat jou vul met verwondering en vreugde soos die Serenade van Toselli. Dis ‘n teken van transendensie. ‘n Aanraking van God. Soos CS Lewis sê in sy boek Surprised by Joy: “All joy wills eternity—wills deep, deep eternity!” Dit is hierdie blydskap, hierdie intense vreugde, waaroor Paulus in sy brief skryf. Hy is in die tronk in Rome. Hy is in huisarres. Sy bewegings is beperk, maar hy beskryf hierdie intense vreugde in die Here wat vir die gelowiges in Filippense ook beskikbaar is. Hy skryf: Wees bly!
Chris van Wyk – Sondag 11 Oktober Youtube 09:00.
Skakels
- Youtube
- Kleiner video (102 MB)
- Klankbaan (42 MB)
- Boek