Skip to main content

Youtube erediens 10 Mei 09:00 – Leef vir die wil van God

Dit is al ses weke!

Aan die een kant raak ‘n mens nou al gewoond aan die situasie. Is jy bly dat jy darem ‘n bietjie kan stap, draf of fietsry. Al is ‘n masker ‘n moeilike ding! En daar is ‘n bietjie meer lewe in die sentrums en op die paaie.

Aan die ander kant dink ‘n mens al hoe dieper oor wat regtig aangaan. Die globale inperking van nuus wat met die heersende narratief verskil, is onrusbarend. In plaas daarvan dat ons geleer word hoe om die waarheid van die valsheid te onderskei, word ons gedwing om net een weergawe te hoor.

Daar is egter min wat ‘n mens daaraan kan doen. Waaraan ons wel kan werk, is om onsself ingelig te hou. Om nie alles vir soetkoek op te vreet nie, maar dieper vrae te vra. Na verskillende stemme te luister.

Dit is immers wat die reeks oor die eerste brief van Petrus ons leer. Saam met die opdrag om steeds bly te wees in die Here, en te smag na die waarheid, die Woord van God, en te fokus op eensgesindheid, wil Petrus ons hierdie week aanspoor om die wil van die Here te soek en daarvoor te leef.

Luister saam met ons hierdie Sondag om 09:00 na die Woord van die Here op Youtube met die tema uit 1 Petrus 4:1-5: Leef vir die wil van God.

Hier is die direkte skakel.

Chris van Wyk
8 Mei 2020

1 Petrus

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.