Skip to main content

Youtube erediens 10 Januarie 09:00 – Krag en Vrede

Psalm 29 is een van die Psalms wat God se teenwoordigheid in die natuur verheerlik. Sy stem is soos die weerlig en die donderslae. God is egter ook daarbo verhewe. Sy stem word in sy hemelse woning gehoor waar almal sy heerlikheid loof. Dawid herinner ons daarmee dat God nie net in beheer is van die natuurkragte nie, nie net bókant al die storms in die hemel teenwoordig is nie, maar dat hierdie ontsagwekkende God sorg vir gelowiges. God gee krag aan sy volk. God seën hulle met vrede.

Kom aanbid saam met ons die Here op Youtube 09:00 Sondag 10 Januarie

Comment

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.