Skip to main content

Youtube erediens 1 November 09:00 – Op pad na Eden

Die tuin van Eden word in die Bybel as ‘n plek geteken waar hemel en aarde ontmoet. Waar almal veilig was by mekaar en by God. Dit is hierdie eenheid wat verlore gegaan het met die sondeval. Gelukkig het God die mens nie aan sy eie lot oorgelaat nie. Hy werk van die begin af aan die herstel van daardie eenheid. Op pad terug na Eden. Sodat die eenheid tussen mense en met Hom kan herstel. Dit is waarom Moses die opdrag kry om ‘n tabernakel te bou en Salomo later die tempel. Simbolies het ‘n mens daar iets van Eden ervaar. Die werklikheid daarvan het egter verdiep toe ons ingesluit is in die kerk. God het mense uit elke taal, stam en nasie uitgekies om deel te raak van die huisgesin van God. Om onder ons te woon terwyl ons opgebou word tot ‘n heilige tempel. Op pad terug na Eden.

Chris van Wyk – Kerkgebou en Youtube 09:00 – 1 November 2020

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.