Youtube 21 Februarie – Nooit weer nie
1 September 1968. Port Elizabeth. Vroeg Sondagmôre. 423 mm reën voor 12 uur die middag. Amper ‘n halwe meter reën in ‘n bietjie meer as ses uur. Karre en Karavane is die Baakensrivier af tot in die hawe. Happy Valley is weggespoel. Humewood se brug vernietig weens die Sharkrivier in vloed. Ek onthou as jong tiener het ons daardie Desember vakansie hier kom hou. Tekens van die verwoesting was nog op talle plekke sigbaar.
Miskien kan jy ander vloede onthou. Laingsburg. Gariep. Die onlangse tropiese storm Eloise in die noorde. Dit is opwindend om langs die Augrabiese waterval te staan en die tonne water wat verbykom gade te slaan. Dit is egter ‘n bietjie anders as die vloed jou self meesleur. Dink maar net as jy deur groot branders rond geslaan word. Jy voel magteloos. Jy snak na asem. Jy hou asem op in die hoop dat jy weer sal kan asemskep. Jy raak gedisoriënteerd. Jou gespook help niks. Jy word eenvoudig meegesleur. Sonder brieke.
Dit is met daardie gevoel wat ek wil hê jy na die Noag verhaal moet luister. En God se woorde moet hoor: “Nooit weer nie.”
Kom luister wat dit vir jou beteken. Sondag 09:00 op Youtube en Facebook sowel as in die kerkgebou.
Youtube (die hele erediens)
Klankbaan
Youtube (net die preek)