Wyse woorde vir die lewe

Preekreeks vir die eerste vier weke van die derde kwartaal

Spreuke wil ons inspireer om die wysheid na te jaag.  Só vorm dit ons oortuigings oor die lewe en help dit ons om op ‘n praktiese wyse met God en mekaar te leef.    Die boek werk nie soseer met groot of abstrakte teorieë of selfs godsdiens-kategese as sodanig nie, maar met ‘n doodgewone common sense praktiese benadering tot die lewe voor God en die wêreld, geïllustreer met vele stories, beelde, onthoubare slagspreuke en gesegdes.  Maclaren beskryf die boek daarom as “portable medicine for the fevers of youth” en voeg by dat dié medisyne werk of jy die dokter ken of nie (Zondervan Bible Commentary, 654)!  Jy kan dit nie mis nie!

Die onderskeie temas is as volg:

  1. spreuke-logo

    “Ken Hom in alles wat jy doen, en Hy sal jou die regte pad laat loop.” – Spreuke 3:6 – Rethie van Niekerk – 22 Julie

  2. “Hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.” – Spreuke 2:2 – Chris van Wyk – 29 Julie
  3. “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” – Spreuke 4:23 – Rethie van Niekerk – 5 Augustus
  4. “Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree.” – Spreuke 4:26 – Chris van Wyk – 12 Augustus

Die Bybelskool behandel die hele boek Spreuke.  Registreer by Bybelskool om elke weeksdag dagstukkies per e-pos te ontvang.  Die Bybelskool in die gemeente se byeenkomste begin 25 Julie 18:30.  Skryf in by die kerkkantoor (0415835115).

Kleingroepmateriaal oor Spreuke kan hier afgelaai word.

     

Trackback from your site.

Leave a comment