Wes- en Suid-Kaap Sinode Besluite

Die Sinode van die Wes- en Suid-Kaap het die afgelope week die volgende besluit goedgekeur:

Die sinode is oortuig dat die Bybelse eis vir geregtigheid vir alle mense, versoening tussen alle mense en die eenheid van die kerk tot die kern van die evangelie behoort. Die Belydenis van Belhar verwoord hierdie evangeliese eis om geregtigheid, versoening en eenheid op ‘n ander wyse as die ander belydenisskrifte van die kerk. Die sinode aanvaar as kerkvergadering die Belydenis van Belhar en daarom versoek hierdie vergadering die Algemene Sinode om die Belydenis van Belhar op ‘n kerkordelike wyse deel van die Nederduitse Gereformeerde Kerk se belydenisgrondslag te maak.

Hierdie voorstel is met ’n meer as 80% meerderheid aanvaar.  Ben du Toit sê op die NG Kerk se Diversiteitsforum  dat die sinode doelbewus daarvoor gekies om hierdie besluit los te maak van die eenheidsproses van die NG Kerk-familie.  “Die betekenisvolheid van hierdie besluit is juis daarin geleë dat dit nie geneem is ter wille van een of ander doel (soos kerkeenheid of t.w.v. VGK-aandrang) nie, maar omdat die sinode oortuig is van die waarheid daarvan vir sy eie getuienis en lewe. Of dit uiteindelik amptelik as belydenisskrif deur die NG Kerk aanvaar gaan word of nie, of kerkeenheid gaan plaasvind of nie, dis intussen die oortuiging van hierdie sinode dat Belhar ‘n aspek van die Evangelie verwoord waarsonder die kerk nie vorentoe wil gaan nie.”

Die Sinode van die Wes- en Suid-Kaap –as vergadering –  het die belydenis aanvaar.  As sodanig is dit nie as ‘n belydenisskrif aanvaar nie, maar as ‘n belydenis.  Dit is ook nie deur die ringe of gemeentes aanvaar nie, maar slegs deur hierdie vergadering (hoewel daar reeds gemeentes en ringe is wat hierdie stap geneem het).  Die Algemene Sinode sal in Oktober verder hieroor besing.  (Terloops, die Oos-Kaap is ‘n aparte sinode en nie deel van die Sinode van Wes- en Suid-Kaap  nie.)

Die sinode het ook ander interessante besluite geneem oor o.a. die doop, geslagsgelykheid en die bediening van bevryding.

Oor geslagsgelykheid is verklaar:  Jesus is die Heer en Hoof van die huis, kerk en samelewing. Onder Hom staan vrou, man en kind op gelyke vlak. Elkeen is profeet, priester en koning. Ons word geroep om uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig te wees en mekaar te dien in liefde.  Ons verset ons teen elke vorm van magsmisbruik en geweld, in die huis, kerk of samelewing, hetsy ekonomies, fisies, emosioneel of seksueel. Ons verset ons ook teen enige ideologie wat dit regverdig en onderhou.

Oor die doop het die sinode besluit om ‘n versoek aan die Algemene Sinode te rig. Dit kom in breë daarop neer dat die Algemene Sinode se Taakspan vir Leer en Aktuele Sake (ATLAS) gevra word om die hele saak van die moontlike erkenning van ‘n “geloofsdoop” ter aanvulling van die verbondsdoop te ondersoek.  Wanneer ons oor die doop praat, is die groot uitdaging deurentyd om die doop nie in isolasie te sien nie, maar in samehang met die totale spektrum van geloofsoortuigings in ons Gereformeerde verstaan van die Evangelie. Hierdie besluit verander op hierdie stadium tegnies nog niks aan die status quo nie, behalwe net dat dit ons as kerk intussen net nog meer sensitief sal maak vir die legitimiteit van lidmate se geloofservarings en behoeftes en dat meningsverskil op ‘n eg pastorale wyse hanteer sal word.

Meer inligting – asook die volledige besluite – is op die sinode se webwerf beskikbaar.  Lees veral “SinodeNuus V”, wat ‘n oorsig oor die styl en aard van die sinode gee.

 

     

Trackback from your site.

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie!

  • Avatar

    mariette

    |

    Môre-môre!

    Dankie Chris. Die reeks dra baie praktiese wenke oor en is verrykende luistergenot vir elkeen. Elke dag iets nuuts om na uit te sien!

    Seën daarop toegebid
    Mariette

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Nee, Elmarie, jy hoef nie. Ons kan 250 mense akkommodeer. Skryf net in by die deure. Baie welkom.

  • Avatar

    Prof Elmarie Venter

    |

    More Ds Chris. Ons is 3 wat wil bywoon. Moet ons nog bespreek? Groete
    Elmarie

  • Vreesloos 1

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • 21 Mei 2020

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ons het vir baie lank ‘n versorgingskommissie gehad vir leraars en personeellede. Dit was persone in die gemeente wat gereeld op informele wyse met elkeen van ons kontak gemaak het, belanggestel het in wat in ons lewens aangaan, uitgevra het na uitdagings, en vir ons gebid het. Dit was benewens die diensverhoudingekommissie wat meer op die formele dinge gekonsentreer het. Die inperking het ‘n bietjie daaraan verander, maar dit was ‘n baie goeie informele sisteem van versorging.

  • Avatar

    Des Sampson

    |

    Goeie dag. Ek is voorsitter van die DVK op Hartenbos. Wat doen julle mbt die versorging van predikante en kantoor personeel?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dit was Rethie van Niekerk se preek. Sy het in die preek verwys na die Hebreeuse woorde.

    Die eerste reël (seën) het drie woorde, dan vyf woorde, dan sewe woorde.  15, 20, 25 konsonante (onthou ʾ is ook ‘n konsonant).  11, 13, 16 lettergrepe (ek het weer getel, en dit is die korrekte aantal).

    24 yĕbārekkā yĕhwâh wĕyišmĕrekā
    25 yāʾēr yĕhwâh pānāyw ʾēlêykā wîyḥunekā
    26 yiśāʾ yĕhwâh pānāyw ʾēlêykā wĕyāśēm lĕkā šālôwm

    Hoop dit maak sin.

  • Avatar

    Annemarie vn Zyl

    |

    NUM 6; GOD SE SEEN, Goeiemore
    Ek het vanoggend hierdie Bybelstudie gedoen en dit was wonderlik. Die deel DIE TEKS verstaan ek egter glad nie. ek kry die aantal woorde reg maar glad nie die konsonante en lettergrepe nie. Ek verstaan ook nie die doel van hierdie deel nie, tensy jy wil bewys dat dit menslik amper onmoontlik is om die seen so te skryf, met die spesifieke aantal konsonante en lettergrepe sonder God se ingryping.. ek sal dit waardeer as iemand die deel in kort vir my verduidelik Baie dankie Annemarie van zyl.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie Corrie! Mooi jaar vir jou.

  • Avatar

    Corrie

    |

    Ds. Chris, soos altyd ń opbeurende en positiewe bydra deur U, vir die toepassing deur die kinders van God. Selfs hulle wat Hom nog nie as hul Saligmaker en Verlosser aangeneem het nie, sal baat by diė insetsel. Ek vra dat God se seën op U sal rus.

  • Avatar

    C Joubert

    |

    Inspirerende en besielende boodskappe

  • Avatar

    Sonja Lizemore

    |

    Beste Ds Chris.
    Net n GROOT DANKIE vir die liedere. Dit is baie spesiaal.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Carol, jy is reg, dit is ‘n kosbare insig! Ek het ook onlangs gepreek oor die inwonende Christus, as jy meer wil lees. Baie seën.

  • Avatar

    Carol

    |

    Baie dankie vir die eerste keer in my lewe besef ek nou wat my probleem is. Ek het nog nie vir JESUS in my ontdek nie dis geen wonder dat my verhouding met JESUS nêrens kom nie. Geen ontmoeting geen kennis of wysheid en GEEN GROEI.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Annelize – ons hou dienste in die kerkgebou (Louis Bothasingel 177, Somerstrand) om 09:00 Sondae tegelykertyd met ons Youtube erediens ook om 09:00. Ons het ook ‘n meer informele Youtube erediens – Pulse – wat van 11:00 af op ‘n Sondag beskikbaar is. Ter wille van die personeel se verlof sal ons DV van 27 Desember tot 24 Januarie nie fisiese eredienste in die kerk hê nie, net die Youtube erediens 09:00. Dié dienste word weer hervat van 31 Januarie af sowel as moontlik ‘n aanddiens om 18:30. As jy hier is, maak ‘n afspraak dat ons jou kan verwelkom. My sel is “nul agt twee 5749191”. Groete, Chris van Wyk.