Werk gesoek

Ds Mia Lintvelt, ‘n dosent by DCMA (Deaf Christian Ministry Africa) skryf: “Een van ons studente, Past Rensburg Aggenbach, trek volgende jaar PE toe om met die Dowes daar te begin werk. Hy begin in Januarie. Sy hele gesin skuif en ons soek dringend vir sy vrou werk. Sy is ‘n ontvangsdame met goeie rekenaarvaardighede. Ek heg haar CV aan. As jy dalk mense ken vir wie jy dit kan aanstuur wat dalk weet van iets erens, sal dit baie help! Hy het nie ‘n vaste inkomste nie. Moet maar begin ondersteuning soek. Hy gaan veral by die skool vir Dowes betrokke wees en onder die volwasse Dowes met groepe begin. Hy is AGS en sal saam met die AGS gemeente daar werk.” 
As jy haar CV vir iemand kan stuur, kontak asb vir Rethie of die Kerkkantoor.
     

Trackback from your site.

Leave a comment