Welkom by ons webtuiste

Dié webtuiste is die spil waarom ons kommunikasie draai.  Hier verskyn nuus, preke, artikelsfoto’s en inligting wat jy na hartelus kan gebruik.  As jy byvoorbeeld die vorige Sondag nie in die kerk kon wees nie, kan jy die preek van daardie Sondag lees … en die belangrikste afkondigings.  Ons het ook ‘n blog: Lewende Hawe  waar jy bydraes kan plaas om jou mening oor allerlei te lug.  As jy op dié blad opmerkings wil maak, kan jy dit by enige bydrae in die kommentaar ruimte doen.

Die soekfunksie is natuurlik jou grootste helper!  Alle woorde in alle artikels op die webtuiste word geïndekseer.  Jy kan dus enige woord intik en daarvoor soek … en as iemand êrens dié woord gebruik het, sal jy die hele artikel daar kry.

Koor

Jy kan op twee maniere in kontak bly.

  1. Registreer by die skakel aan die regterkant sodat ons met jou in kontak kan bly. As jy dan inteken by Teken in, hoef jy nie weer jou e-pos in te tik as jy kommentaar op die webtuiste te lewer nie.
  2. Vul ook jou e-pos adres in by die Ontvang bydraes per e-pos  ruimte aan die regterkant sodat jy direk nuwe bydraes van die webtuiste af kan ontvang, soos dit geplaas word.

Chris van Wyk

Webmeester

     

Trackback from your site.

Leave a comment