Skip to main content

Wat op aarde is die hemelse raad? – Sondag 11 Augustus 18:30

Wat op aarde is die goddelike raad?

Wel, dit is om mee te begin nie op aarde nie! Hierdie Bybelse beskrywing word van toepassing gemaak op sekere geestelike magte wat God geskep het in die hemele deur wie Hy regeer. Ons lees hoe God op hulle voorleggings reageer in Job 1-2. Ons lees hoe God hulle intrek in die gesprek oor koning Agab (1 Kon 22). Ons lees hoe hulle self hulle besluit aan Nebukadnesar bekend maak (Dan 4:17).

Ons lees egter ook dat van hulle in opstand gekom het teen God. Dat dit nodig was vir Jesus om aan die kruis hulle te oorwin (Kol 2:15). Dat Hy daarmee God se agenda in ontvangs geneem het en nou God se verlossende oordeel in werking stel (Openb 4-5).

En dat God ons inspan in die geestelike oorlogvoering “teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.” (Ef 6:12)

Kom luister na meer oor die Goddelike Raad in episode drie van ons reeks oor Geestelike Wesens.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.