This page was exported from Somerstrand Gemeente [ https://ngkerksomerstrand.co.za ]
Export date: Tue May 18 4:40:25 2021 / +0000 GMT

Waaraan hou jy vas? - Familiediens 09:00



YouTube Video: YouTube.com/watch?v=S2Ssa8DfQHE

‘n Seun het eendag tydens ‘n seevaart van ‘n skip af in die see geval. Na ‘n tevergeefse geroep om die bemanning op die skip se aandag te kry en ‘n gespartel om kop bo water te hou, het hy in die verte ‘n rots gesien en daarheen geswem. Hy het aan die rots vasgehou en uiteindelik het die bemanning agtergekom dat hy weg is en na hom kom soek. Hy het die nag in die see oorleef, waarna daar vir hom gevra is: Het jy nie gebewe toe die golwe rondom en oor jou slaan en jy dink aan al die moontlikhede wat met jou kan gebeur nie? Die seun het geantwoord: Ja, ek het gebewe, maar die rots waaraan ek vasgehou het, het nie gebewe nie. Somtyds kan ons omstandighede ook beskryf word as ‘n rustige vaart in stil waters met mooi uitsigte. Ander male beland ons in stormwaters en sukkel om kop bo water te hou. In ieder geval – waar is jou veilige hawe, jou anker, jou rots? Waaraan hou jy vas wanneer dit goed EN in die besonder, wanneer dit sleg gaan? En kan jy ook in storms getuig, ek het gebewe, maar dit waaraan ek vashou was het stewig gestaan? Hebreërs 4:14-16 & 5:1-10 help ons om die regte antwoord op hierdie belangrike vraag te vind. Kom luister en leef saam.

Klankbaan

 

 


Post date: 2021-03-20 11:49:47
Post date GMT: 2021-03-20 09:49:47
Post modified date: 2021-03-20 11:49:47
Post modified date GMT: 2021-03-20 09:49:47

Powered by [ Universal Post Manager ] plugin. MS Word saving format developed by gVectors Team www.gVectors.com