Versorging
Volgens 1 Kor 12 is die gemeente ‘n liggaam en Christus is die hoof. Die lede van die liggaam moet mekaar versorg en dien met die gawes wat die Heilige Gees aan elkeen gee. Ons sal nie ons roeping in die wêreld kan vervul as die liggaam onversorg en swak is nie, daarom moet ons na mekaar omsien. Deur dit te doen, raak ons ook al hoe meer bekwaam ons diegene buite die gemeente te versorg en dien.
Die versorging van lidmate binne die gemeente behels die volgende:
- huisbesoeke aan lidmate wat ‘n behoefte daaraan het
- siekebesoeke aan mense in die hospitale en tuis
- gelukwensings aan lidmate wanneer hulle verjaar
- bediening aan lidmate wat iemand aan die dood afgestaan het
- bediening van verversings tydens begrafnisse
- bediening aan ervare lidmate in die aftreeoorde en tuis in die vorm van besoeke en hulp by byeenkomste, eredienste en Klub 65 met tee en verversings
- besoeke aan die inwoners van Cheshire Homes
Lidmate wat belangstel om by een van hierdie bedieninge betrokke te raak, kan vir Kobus Prinsloo by 0788032877 skakel of ‘n e-pos stuur aan kobus@somerstrandgemeente.co.za
Lidmate wat belangstel in siekebesoeke en die bediening aan die inwoners van Cheshire Homes, sal opleiding ontvang.
Des Sampson
Goeie dag. Ek is voorsitter van die DVK op Hartenbos. Wat doen julle mbt die versorging van predikante en kantoor personeel?
Chris van Wyk
Ons het vir baie lank ‘n versorgingskommissie gehad vir leraars en personeellede. Dit was persone in die gemeente wat gereeld op informele wyse met elkeen van ons kontak gemaak het, belanggestel het in wat in ons lewens aangaan, uitgevra het na uitdagings, en vir ons gebid het. Dit was benewens die diensverhoudingekommissie wat meer op die formele dinge gekonsentreer het. Die inperking het ‘n bietjie daaraan verander, maar dit was ‘n baie goeie informele sisteem van versorging.