Verkondig met vrymoedigheid – Familiediens 4 Augustus 09:00

Die Christen straatprediker Oluwole Ilesanmi is onlangs gearresteer in London, omdat hy die evangelie verkondig het. Die polisie het die Bybel uit sy hand uit geruk en hom kilometers ver daarvandaan afgelaai, sonder geld en sonder sy Bybel. Net omdat hy die evangelie in die openbaar op ‘n straathoek verkondig het.

Oluwole het wel ‘n week terug sy saak gewen teen Scotland Yard, met die ondersteuning van die organisasie Christian Concern, en hulle het hom ‘n paar pond gegee vir sy onregmatige arrestasie.

Die vraag is egter of hy dit weer sal doen. En ander straatpredikers?

Wat sou jy doen?

Dit is ‘n situasie waarin die eerste gemeente hulle ook bevind het.

Hulle was al ‘n gemeente van 5 000 lidmate wat ‘n groeiende impak op Jerusalem gehad het, waar wonderwerke amper daagliks gebeur het. Hulle het in die tempel gepreek. Op die strate gepraat.

Skielik word hulle leiers egter in die tronk gegooi. Hulle publieke stem word brutaal stilgemaak. Hulle word beveel om op geen manier hoegenaamd verder oor Jesus in die openbaar te praat of mense te onderrig in die evangelie nie. Nie in die tempel nie. Nie op die strate nie.

Die gevaar was groot dat almal glossofobie ontwikkel – die vrees waaraan een uit elke vier mense lei – die vrees om in die openbaar te praat.

Wat gaan hulle nou doen?

Kom luister Sondag by ons Familiediens 09:00 na wat Lukas ons vertel oor die reaksie van die eerste gemeente. Nog dieper, kom luister na wat dit ons leer van die Heilige Gees (Handelinge 4:23-31).

     

Trackback from your site.

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Dean van Wyk

    |

    Baie dankie Rethie vir hierdie inspirerende boodskap. Ek is oorspronklik van PE en woon nou 20jaar lank in PTA.
    In my stiltetyd vanoggend het ek Fil 2:12b-13 gelees en dit kan net deur die Gees van God wees dat ek op hierdie preek afgekom het.

    God seën jou bediening en geniet die see( ek beny julle).

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie Hansie. Die Here is goed vir ons.

  • Avatar

    Hansie

    |

    Dankie Chris. Lanklaas so ‘n geestelik verrykende erediens bygewoon. Ek is skoon opgewonde. Alle seen vorentoe.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie Boeta!

  • Avatar

    AntonvanWyk

    |

    Baie duidelik. Pragtige versterkende boodskap