Skip to main content

“Toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry” – Sondagoggend 09:00

Good-Samaritan_1-full-1024Ons ken die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan baie goed … eintlik té goed. Dink eerder vandag aan ‘n dominee wat by die kaal beseerde man verbyloop … en ‘n Moslem imam wat hom innig jammer kry en help. Die dominee maak droog. Die Moslem doen wat God wil hê.

Dit is wanneer ons dié gelykenis uit só ‘n vreeemde anderste hoek hoor, dat ons Jesus se hart hoor klop. Dit is ‘n hart wat só omgee dat Hy deur ons mense se lewens wil herstel, wil seën, wil heelmaak. Kom ons luister Sondagoggend 09:00 na hoe Hy ons weerstande afbreek, en ons prakties in ons omgee kan raak:

LAAT JESUS DEUR JOU OMGEE (Lukas 10:25-37).

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.