Tiramisù
Tiramisù
Van Tiramisù, ‘n baie populêre en bekende Italiaanse nagereg, kan jy op Google lees: “The literal meaning of Tiramisù in Italian is “pick me up” or “cheer me up”.
Dit is pure plesier om gewoon in Afrikaans te sê-vra: tel-my-op, of beur-my-op! En te verwagte is dit presies in die kol vir die visie van ‘n studiegroep, Tiramisù, wat nou na die Covidjare weer kop opgetel het. Elke byeenkoms is passievol gemik op groei in lewenskwaliteit, sowel as op innerlike sterkte en vreugde (“joy”). Gedagtig aan die stelling “Happiness depends on what happens to you. But joy means the inner joy in your spirit”.
By vrolike maandelikse saamkuiers gee kundige sprekers interessante aanbiedings oor die verskillende fasette van ons lewens, onder andere die fisiese, sosiale, gesin/familie, geestelike, psigiese, intellektuele, ensovoorts. Sulke sielsverrykende inligting, wat inderdaad ook gemik is op toepaslike vaardighede om juis situasies en gebeure beter te kan bestuur, sal jy waardevol vind om elke dag toe te pas.
‘n Groot deel van hoe tevrede ons voel of standhoudend gelukkig ons is, hang o.a. af van ons ingesteldheid. So ook van die gewoontes wat deel is van ons lewens, sowel as die bewustheid van en manier van leef van elke dag. Deur die sleutelbestanddele daarvan en ook van besluitneming te leer ken, kan vir jou nuttig wees om daaglikse situasies te trotseer. Verder vind ons uit hoekom kennis oor die brein (o.a. van jou gemoed, gewoontes, neurobane) en die rol van die onderbewussyn, noodsaaklik is om bv. die regte keuses te maak, asook om uitdagings, soos leed en emosionele pyn beter te kan hanteer en verwerk.
Ja, daar is baie om te trotseer op ons daaglikse pad, hetsy ekstern, d.w.s. in ons omgewing en huise, of innerlik in jouself. Dus ook gewone dinge soos teleurstellings, verliese en te min selfdissipline. Genade hier is dat ons mekaar se lewens kan verryk. Ons kan ook mekaar inspireer positief te dink en met veerkragtigheid die dag aan te pak.
N.a.v. navrae vir ‘n weeklikse kleingroep wat gerig op geestelike groei en verryking, maak Dixit Deus¹ voorsiening. Deur saam die Bybel in opregtheid te lees, en aan die hand van geestelike dissiplines leer ons om fyn te luister en om God se stem te herken. Dan word om in Sy teenwoordigheid te kan leef ‘n daaglikse werklikheid. Vorentoe kan jy ook God se aanraking beleef of om in die Lig te kom en Hom te aanskou. Dít is sonder meer ‘n uitsonderlike aha-oomblik en die grootse en lewensveranderende ervaring van jou lewe.
Seënwense. En kom stap saam op die pad wat God vir ons sal aanwys.
Mariette Rossouw (mariette@mweb.co.za)²
041 583 3456 / 082 801 2801
NASKRIF:
¹ Dixit Deus is die Latyn vir “God praat” en dit word uitgespreek as “Dieksit Dyou”.
² Vir verdere inligting oor die bg. twee byeenkomste, kontak ons gerus. Junita is by 041 585 5959. Ons maandelikse samekoms is by haar gastehuis: Conifer Beach House, Windermereweg 39, Humewood. Die fasiliteite is baie geskik vir velerlei funksies, en selfs ook vir onthaal of etes wat jy andersins sou wou reël.
Auret
Klink alles baie goed. Sal graag gaan. Baie dankie.
Groete Auret