Thand’usana – Groei in Liefde

Elke ouer weet dat ouerskap nie ‘n partytjie is nie.  As ‘n mens dink dis moeilik met twee ouers, verbeel jou een huismoeder, ses versorgers, vyftien  aktiewe vrywilligers en ses maatskaplike werkers wat ses kinders van ongeveer dieselfde ouderdom maar baie verskillende en moeilike agtergronde versorg… ‘n mens sou chaos verwag.  

Tog, as mens na Thand’usana se kinders kyk, sien ‘n mens hoe hulle GROEI IN LIEFDE.  In Februarie (die maand van liefde) vier Thand’usana meer as net romanse… hulle het ses klein lewentjies wat versorg word en met die genade van God blom.

Ondersteun Thand’usana deur ‘n fopspeen te koop teen R10 – en help so die kindertjies om aan te hou groei in liefde!

Hulle het ook altyd skenkings nodig, veral Latex handskoene (selfs die verskaffers het nie), suiker, langlewe melk, Pampers doeke, vars vrugte en groente, 100% vrugtesappe, grondboontjiebotter, Marmite, Morvite, jogurt, Domestos, bleikmiddel, waspoeier, baba sjampoe, sneesdoekies, Wet Wipes en lugverfrissers.

Lees elke maand Thand’usana se inspirerende nuusbrief op die kennisgewingbord.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.