Posts Tagged ‘faith@home’

Gesin vernuwing 26-31 Aug Deut 6

gesin vernuwing

Lees hierdie week Hoofstuk 2 van “Faith Begins at Home”

RUS EN ONTVANG

  • Watter gewoontes of gedrag of houdings het jy by jou ouers geleer?  As jy self ‘n ouer is, watter gewoontes of gedrag of houdings sien jy by jou kinders wat jou eie gewoontes/gedrag/houdings reflekteer?
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR EN ONTGIN

Lees Deuteronomium 6

  • Wat tref jou in die gedeelte?  Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
  • Deuteronomium beteken letterlik “tweede wet” – die herhaling of onderstreping van die wet.  Hoekom word God se opdragte soveel keer herhaal?
  • Kyk weer na verse 5-6.  Hoe lyk ‘n lewe wat getrou is aan hierdie verse?  Hoe kan ons so leef?

Net vir volwassenes:

Dink na oor jou eie lewe saam met God.  Maak ‘n merkie langs die stellings wat tans waar is van jou en ‘n sterretjie langs dié wat jy mee wil begin:

  •     Ek lees die Bybel en word bemoedig deur ander gelowiges se voorbeeld.
  •     Ek vertrou op Jesus en bid dat die Gees my sal lei deur my lewe.
  •     Ek is verbind aan ‘n Christelike kerk.  Ek aanvaar dat, hoewel die kerk foute het, ek die kerk nodig het.
  •     Ek het ‘n groep mede-gelowiges wat saam met my op reis is.

 In my lewe tans is ek

__ op ‘n gemaklike plek in my lewe

__ bang en kan die stormwaters hoor aankom

__ in die middel van ‘n stroomversnelling

__ op pad na ‘n groot rots wat ek met ‘n slag gaan tref

__ net besig om uit die stroomversnellings na die rustiger water te beweeg

__ in die versoeking om op te gee

__ naby aan die einde van die reis – en gereed om dit weer van voor af te doen!

LEEF EN ONTPLOOI

  • As julle wil, kan julle jul gewaarwordinge uit jul nadenke oor jul persoonlike reis met mekaar deel.
  • Waar is jy in jou reis saam met God?  Waaraan moet jy aandag gee?  Wat gaan jy doen?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Continue Reading

Huis Vernuwing 13-19 Aug Jos 24

huis vernuwing

Lees hierdie week Hoofstuk 1 van “Faith Begins at Home

RUS EN ONTVANG

  • As totale vreemdelinge by julle aan huis kom en in jul huis rondkyk, wat sal hulle dink aanbid julle?
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

 HOOR EN ONTGIN

Lees Josua 24

  • Josua is hier al ouer – soos ‘n oupa.  God het sy beloftes aan die volk nagekom en hulle leef ‘n goeie lewe.  Hierdie is as’t ware Josua se afskeidsboodskap. 
  • Wat tref jou in die gedeelte?  Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
  • Kyk na alles wat God in die verlede vir die volk gedoen het.  Hoekom, dink julle, word daar soveel klem op die verlede geplaas?
  • Kyk weer na die laaste sin van vers 15.  Hoekom is dit belangrik dat Josua van homself en sy familie praat – nie net van sy familie nie?

 LEEF EN ONTPLOOI

  • As jy een ding aan jou familie kon verander, wat sou dit wees?
  • Word jy en jou familie uitgedaag om God volledig te dien?  Watter uitdagings is daar in jul lewe saam voor God?
  • Hoe kan julle familie leef op ‘n manier wat jul verbintenis aan God reflekteer?  En julle as kleingroep?
  • Skryf as familie en/of kleingroep ‘n missiestelling:

Wat is nie onderhandelbaar nie?  As iemand jul gesin/kleingroep aan iemand anders moes beskryf, watter woorde sou julle wou hê hulle moet gebruik?

  • Waartoe roep die Here julle nou?  Hoe gaan julle op die roeping reageer?

Radikale Vernuwing

radikale vernuwing

Erediens reeks:

Radikale Vernuwing – Geloof begin by die huis

  • 19 Aug 09:00 Huis Vernuwing Josua 24
  • 26 Aug 09:00 Gesin Vernuwing Deuteronomium 6 – Informele Erediens – Gesinsbyeenkoms 4-6 jariges
  • 2 September 09:00 Kind Vernuwing Psalm 27
  • 9 September 09:00 Familie Vernuwing Timoteus – Gesinsbyeenkoms Gr 1-3
  • 16 Septembeer 09:00 Gemeente Vernuwing – Psalm 78 Informele Erediens

Kleingroepe en gesinne word aangemoedig om Mark Holmen se boek Faith Begins at Home aan te skaf en deur te werk saam met die reeks.  Beskikbaar by die Kerkkantoor teen R120, of bestel by Loot of koop die e-boek by Kalahari.

Kleingroepmateriaal en Huisgodsdiensmateriaal volg op elke week se erediens en sal elke Sondag in die afkondigings en hier op ons webtuiste beskikbaar wees.

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Dean van Wyk

    |

    Baie dankie Rethie vir hierdie inspirerende boodskap. Ek is oorspronklik van PE en woon nou 20jaar lank in PTA.
    In my stiltetyd vanoggend het ek Fil 2:12b-13 gelees en dit kan net deur die Gees van God wees dat ek op hierdie preek afgekom het.

    God seën jou bediening en geniet die see( ek beny julle).

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie Hansie. Die Here is goed vir ons.

  • Avatar

    Hansie

    |

    Dankie Chris. Lanklaas so ‘n geestelik verrykende erediens bygewoon. Ek is skoon opgewonde. Alle seen vorentoe.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie Boeta!

  • Avatar

    AntonvanWyk

    |

    Baie duidelik. Pragtige versterkende boodskap